Artikelbron: cvandaag.nl

Ondanks ’n wapenstilstand duur gewelddadige botsings tussen die semi-amptelike reaksiemagte en die Soedanse weermag voort, met meer as 400 burgerlikes wat reeds gesterf het. Leraars in die oorloggeteisterde Soedan by egter by hulle gemeentes.

’n Sendeling, wat weens veiligheidsredes anoniem wil bly, het in gesprek met die hulporganisasie Aid to the Church in Need (ACN) beklemtoon dat hy ondanks die toenemende gevegte so lank as moontlik in die land sal bly om die slagoffers van die geweld te help. “Ek wil tot op die laaste oomblik bly, ek wil nie die mense alleen los nie. Baie van hulle het [kerk toe] gekom. Jy weet, hier is die kerk hulle hoop. Maar ons het dieselfde probleme as die res van die mense.”

Die kerke het hul deure oopgemaak om skuiling vir vlugtendes te bied, maar projekvennote het aan ACN gesê dat een van hul grootste uitdagings die gebrek aan water is. Dit is noodsaaklik nou dat temperature in Khartoem bo 40 grade Celsius styg. Mense sou water uit die Blou Nyl kon kry, wat deur die hoofstad vloei, al is dit gevaarlik om deur die stad te reis. Selfs al kry mense dit egter reg om rivierwater te kry, is dit vuil en moet dit behandel word. Volgens die projekvennote is die markte leeg en kos skaars. Daar word ook gereeld in die lang rye by vulstasies baklei vir die bietjie brandstof wat beskikbaar is.

Ondanks die toenemende aantal burgerlike sterftes, is geen kerkwerknemers nog in die gevegte dood nie. Kerke, sowel as ander openbare geboue, insluitend hospitale, is beskadig.

ACN-projekvennoot hoop vir ’n spoedige einde aan die gevegte: “Sal die konflik binnekort eindig? Dit is ons gebed. Maar in werklikheid is nie een van die twee partye bereid om vrede te maak nie. Internasionaal word dialoog aangemoedig, maar skote word steeds afgevuur.”

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 09/05/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here