Geskryf deur:
Artikelbron: CBN News

Die grootste Christelike gevangenisbediening van Amerika voorsien die uiters gewilde Christelike televisiereeks, The Chosen, aan meer as 300 tronke in Amerika.

Die Prison Fellowship-organisasie het kragte saamgesnoer met die Come and See-stigting om die multiseisoen televisiereeks wat oor die lewe en bediening van Jesus gaan, gratis na gevangenes se selle te stroom.

“Hierdie lewensveranderende televisiereeks wat ’n wêreldwye verskynsel geword het, sal binnekort beskikbaar wees aan tienduisende mans en vroue op die Prison Fellowship Floodlight-platform danksy die Come and See-stigting,” sê James Ackerman, die direkteur van Prison Fellowship, volgens CBN News.

“Ons is baie opgewonde om hierdie evangelie-gefokusde produksie van hoë gehalte beskikbaar te stel aan dié wat in die tronk is. Ons gebede is dat die reeks selfs nog meer lewens sal beïnvloed aangesien meer as 110 miljoen mense r wêreldwyd reeds na die reeks gekyk het,” het hy bygevoeg.

Prison Fellowship het Floodlight, ’n videostroomdiens, in 2020 geskep en ontwikkel om geloofsgebaseerde inhoud aan gevangenes te verskaf tydens die korona-pandemie.

Plaaslik is die reeks gratis beskikbaar op The Chosen-toep of die Angel Studios-toep. Dit is ook beskikbaar op ander gewilde stroomdienste soos Netflix en Amazon Prime.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 10/05/2023
Foto: facebook.com

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here