Artikelbron: The Christian Post

Bykans 23 000 mense het gevlug ná etniese geweld in Noordoos-Indië uitgebreek het. Meer as 50 mense is reeds vermoor, die meerderheid van hulle, Christene, berig die The Christian Post. Die plaaslike Christelike gemeenskap het die Hindoe-nasionalistiese regering daarvan beskuldig dat hy die aanvallers ondersteun.

Van verlede Woensdag af is geweld in verskeie gebiede aangemeld. Die Christen-slagoffers sê die hoofsaaklik Hindoe-etniese Meitei-gemeenskap sit agter die aanvalle. Die Meiteis is lankal in stryd met die Christene wat meestal uit stamgemeenskappe kom. Die stryd gaan oor wie geregtig is op grondbesit en ander soorte beleid. Volgens die Indiese mediakanaal, Scroll.in is minstens 58 mense in die voortslepende geweld dood.

Die intensiteit en voorkoms van die aanvalle het begin afneem nadat die weermag na die streek gestuur is en polisie beveel is om op oproeriges te skiet.

Daar is nagenoeg 10 000 soldate in Manipur gestasioneer, en verskeie mediaberigte sê dat meer as 13 000 mense na veilige plekke verskuif is wat deur die weermag opgerig is.

Ontelbare ander het ’n veilige hawe gaan opsoek in buurstate soos Mizoram, Meghalaya en Nagaland, waar Christene in die meerderheid is. Ongeverifieerde verslae sê Christene is in 27 dorpe aangeval.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 10/05/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit unsplash.com

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here