Geskryf deur: Stefanan J. Bos
Artikelbron: www.worthynews.com

Saoedi-Arabië, die Verenigde Arabiese Emirate, Algerië, Egipte, Bahrein en Iran is onder 19 nasies wat by die BRICS-groep wil aansluit en wat binne die volgende vyf jaar die wêreldwye rol van toonaangewende Westerse ekonomieë kan oortref, het amptenare bevestig.

Anil Sooklal, Suid-Afrika se BRICS- ambassadeur, het gesê dat die opkomende markblok van Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika die uitbreiding tydens ’n vergadering van  2-3 Junie in Kaapstad sal bespreek.

“Dertien lande het formeel versoek om aan te sluit, terwyl ses ander informele versoeke gerig het. Ons ontvang elke dag versoeke van lande wat wil aansluit,” het Sooklal in gepubliseerde stellings gesê.

Nuus oor die uitbreiding volg op die syfers wat onlangs uitgereik is. Dit het getoon dat die BRICS-groep sy aandeel in die wêreldekonomie teen 2028 tot byna 35% sal verhoog.

Die Westerse Groep van Sewe Nasies (G7), bestaande uit Amerika, Brittanje, Kanada, Frankryk, Duitsland, Italië en Japan was die mees gevorderde ekonomiese blok van lande.

’n Verslag deur die finansiële nuusagentskap, Bloomberg, het aangedui dat die G7 se bydrae tot globale ekonomiese groei in 2020 steeds gelyk was, maar dat die prestasie van die Westerse lande sedertdien gedaal het.

Daar word voorspel dat die G7 se bydrae tot die wêreldekonomie teen 2028 tot 27,8% sal daal.

BRICS-lande sal reeds vanjaar 32,% van die groei tot die wêreldekonomie byvoeg, terwyl die G7 slegs 29,9% bydra, het die Internasionale Monetêre Fonds gesê.

BRICS se vinnig toenemende wêreldwye finansiële invloed volg nadat China besprekings oor uitbreiding van stapel gestuur het toe dié land verlede jaar die voorsitter van die BRICS-groep was.

Beide China en Rusland poog om meer diplomatieke invloed op te bou om die oorheersing van ontwikkelde lande soos Amerika in die Verenigde Nasies teë te werk.

China en Rusland het reeds planne aangekondig om die Amerikaanse dollar as die wêreld se primêre reserwe-geldeenheid in handel te laat vaar en het ook digitale geldeenheid-inisiatiewe van stapel gestuur.

Die voorgestelde BRICS-uitbreiding het egter na bewering kommer by ander lede laat ontstaan dat hul invloed kan verminder as Beijing se noue bondgenote aanvaar word.

China se bruto binnelandse produk is meer as dubbel die gesamentlike grootte van die ander vier BRICS-lede, berig Bloomberg.

Die uitbreiding van BRICS met meer as ’n dosyn lande sal ’n mylpaal vir die groep wees. Sedert sy stigting in 2006 het die BRIC-groep slegs een nuwe lid, Suid-Afrika, in 2010 bygevoeg.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 10/05/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerk van pixabay.com

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here