Artikelbron: www.prophecynewswatch.com

Blackrock Neurotech, ’n biotegnologiemaatskappy in Salt Lake City, Amerika, het die inplanting van breinskyfies in dosyne pasiënte aangekondig. Hulle inplanteerbare mikroskyfie kan elektriese seine vanaf die brein se oppervlak lees en stimuleer en stel die mense in staat om rekenaars, prosteses en selfs videospeletjies te beheer.

Elon Musk se Neurolink het ook soortgelyke planne vir inplanteerbare toestelle bekendgestel, met die hoop om dit binnekort op die mark te bring. Intussen het meer as 50 000 mense mikroskyfies chirurgies onder die vel van hul hande laat inplant, wat hulle in staat stel om die skyfie as ’n “sleutelkaart” (swipe key) of kredietkaart te gebruik.

Die tegnologiemaatskappy, Walletmor, het ’n digitale beursie ontwikkel in kombinasie met ’n mikroskyfie wat in jou hand ingeplant kan word om betalings te doen aan besighede wat ook die toepassing gebruik.

n Opname in 2021 het bevind dat ten minste 51% van die mense in die Europese Unie en die Verenigde Koninkryk dit sal oorweeg om ’n skyfie in hulle liggaam te laat inplant. Swede het sy gebruik van mikroskyfietegnologie vinnig uitgebrei, met tienduisende skyfies wat reeds ingeplant is en verbruikers in staat stel om finansiële transaksies te doen, hul gesondheid te monitor en sleutelkaarte te vervang.

Talle tegnologie-entoesiaste glo dat die gebruik van mikroskyfie-inplantings die volgende logiese stap is in ’n digitale samelewing is wat gerief bo privaatheid stel. Sommige Bybelprofesiekenners is egter bekommerd dat dit ons nader bring aan wêreldwye aanvaarding van ‘n digitale “merk” wat algemeen “die merk van die dierr” genoem word. Dit sal tegnologie en handel met politieke en godsdienstige bondgenootskappe saamsmelt, soos beskryf in die boek Openbaring.

Hoewel huidige skyfie-inplantings nie die werklike “merk van die dier” is nie, kondisioneer die aanvaarding van sulke tegnologie mense vir wanneer die regte een kom. Daar is ook vrese dat ’n ekonomiese ineenstorting en “geldeenheid-terugstelling” (currency reset) ’n era van gedwonge digitale geld kan meebring wat benodig sal wees om handel te bedryf. Christene debatteer lank reeds oor die betekenis van die “merk van die dier,” en ons generasie blyk die eerste te wees wat die tegnologie het om hierdie profesie te vervul.

Binnekort sal jy dalk die vraag moet antwoord: “Sal jy ʼn mikroskyfie laat inplant?”

Lees die volledige berig hier.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 11/05/2023

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here