Geskryf deur: Errol Naidoo
Artikelbron: familypolicyinstitute.com

Die Onderwysportefeuljekomitee reis deur die land om mondelinge voorleggings oor die BELA-wetsontwerp aan te hoor. Kyk asseblief hier wanneer hulle in jou streek is en maak jou stem dik.

Die ANC-regime het onlangs sy bande met die Russiese regering en die Chinese Kommunisteparty (CKP)versterk. Die Suid-Afrikaanse regering na-aap die beleid van sy totalitêre bondgenote deur wetgewing te formuleer wat demokratiese vryhede ondermyn.

Die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Basic Education Laws Amendment Bill – BELA) is ’n voorbeeld hiervan. Die BELA-wetsontwerp het al die kenmerke van ’n onseker regime wat totale beheer oor die lewens van sy burgers wil hê. Die regering het onrusbarend inbreuk begin maak op persoonlike, gesins- en kerkbestuur om sy beheer oor elke sektor van die samelewing uit te brei. Wanneer regerings misluk, wil dit gewoonlik groter beheer hê.

Die Russiese regime en CKP is uiters ervare in die sentralisering van staatsmag vir maksimum beheer. Vermoedelik geïnspireer deur sy kommunistiese bondgenote, poog die ANC-regime om die beheer oor alle onderwysbesluite uit die hande van ouers en leerders te neem – binne en buite die formele skoolstelsel.

Die BELA-wetsontwerp het ten doel om hoofde van staatsdepartemente die finale sê oor kurrikulum- en taalbeleide in skole te gee. Selfs meer ontstellend is dat dit ook tuisskolers verplig om onder hierdie onderwysbeleid te registreer en sodoende staatsbeheer oor tuisskoolleerlinge uit te brei.

Die BELA-wetsontwerp maak sin as ’n mens die buitengewone pogings in ag neem om kinders in die onderwysstelsel te beheer en te indoktrineer. Unesco beheer onderwysbeleid in Suid-Afrika. Die primêre doelwit daarvan is om kinders binne en buite die openbare skoolstelsel met aborsie- en LGBTQ-propaganda te indoktrineer – en dit is hoekom tuisonderrig betrek moet word.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) gaan voort met sy globale pandemie-ooreenkoms wat daarop gemik is om die gesondheidsbeleide van VN-lidlande te beheer. Verpligte inentings vir skoolkinders is ingesluit in die BELA-wetsontwerp.

Die BELA-wetsontwerp is niks anders as ’n magsgreep deur ’n korrupte en mislukte regering nie – onder die beheer van buitelandse radikales. Ouers van skoolgaande kinders moet hierdie wetsontwerp verwerp – aktief gerugsteun deur die Christelike Kerk. Die hele wysigingswetsontwerp moet geskrap word omdat dit ’n rampspoedige beleid is.

Deur te dreig om noodsaaklike ekonomiese hulp te weerhou, dwing die Verenigde Nasies (VN) Afrika-nasies deur sy verskillende agentskappe soos Unesco, UNFPA, UNICEF en die WGO – gerugsteun deur die Biden-administrasie en die Europese Unie (EU) – om hulle aan sy diaboliese seksuele regte-ideologie te onderwerp.

Dit is betekenisvol dat CSE tans nie verpligtend is in Suid-Afrikaanse skole nie. Ouers kan kies om hul kinders uit te sluit van alle CSE-indoktrinasie in openbare skole. Die BELA-wetsontwerp sal egter hierdie reg van ouers en Skoolbeheerliggame wegneem. Dit sal aan regeringsdepartemente die uiteindelike gesag verleen om kurrikulumbeleid in openbare en tuisonderrig te bepaal.

Die Onderwysportefeuljekomitee reis deur die land om mondelinge voorleggings oor die BELA-wetsontwerp aan te hoor. Kyk asseblief hier wanneer hulle in jou streek is en maak jou stem dik.

Jy kan ook maklik jou kommentaar op die Dear South Africa-portaal indien. Praat asseblief nou.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 11/05/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerk aangepas vanaf unsplash.com

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here