Deur Vivienne Myburgh
Artikelbron: JUIG! Tydskrif
Byna 700 Christene het op Donderdag 5 Oktober 2023 vanaf Jerusalem gereis na Israel se Be’eri-woud in die westelike Negev-woestyn, 150 m van die Gasa-grens af, vir die inwydingseremonie van die nuwe Christen-ambassade-natuurpark. Hulle het die reis onderneem in ’n vertoon van steun vir Israelse gemeenskappe wat onder die bedreiging van gereelde missielaanvalle vanuit Gasa woon (’n gebied waar die ICEJ reeds meer as 200 bomskuilings geskenk het). Die burgemeester van die Sha’ar HaNegev-streeksraad, Ofir Libshtein – ’n goeie vriend van ICEJ – het ons toegespreek.
Aangeval deur Hamas
Talle terroriste het twee dae later, Saterdag 7 Oktober 2023, op daardie einste plek deur die veiligheidsheining gebreek. Die Be’eri-kibboets was een van die bloedigste tonele van die Hamas-aanval, wat beskryf word as Israel se Ground Zero. Ofir Libshtein is tydens die gevegte met Hamas-terroriste dood toe hy ’n gemeenskap ten tyde van die terreuraanval verdedig het.
Ontruim en verwoes
Teen Sondagaand is oorlewendes van die aanval op die Be’eri-kibboets ontruim na die hotel waar ons groep by die Dooie See gebly het. Maandag het die verpletterende nuus ons bereik dat 108 familielede deur Hamas uitgemoor is (dit is buiten die talle wat gyselaar geneem is). Ons het pas teruggekeer van ’n besoek aan Yad Vashem, die Holocaust-gedenkterrein – die parallelle was duidelik. Groepe mense is trompop afgemaai, oorlewendes het onder dooie liggame weggekruip, bejaardes, kinders en babas is op die grusaamste maniere vermoor, net omdat hulle Joods is.
Hartverskeurende verhale uit Israel
Dit was hartverskeurend om die verhale eerstehands by die oorlewendes te hoor. Ons het Sondagaand vir Thom ontmoet, ’n Ierse Jood, wat geworstel het met die gedagte dat sy agtjarige dogtertjie, Emily, gyselaar geneem is. Hy het Maandag die nuus ontvang dat Emily en haar maatjie vermoor is. Hy was eintlik verlig dat sy vermoor is en nie in die barbaarse hande van Hamas was nie.
Die gees van Amalek
Die gees van Amalek verrys in elke geslag … Net voordat hy as koning gesalf is, was Dawid in ’n stryd met dié nasie gewikkel nadat hulle Siklag afgebrand en al die vroue en kinders ontvoer het (1 Sam 30). ’n Mens kan sien hoe hierdie volksmoordgees deur Haman gewerk het en weer in ons eeu deur Hitler. Toe die Israeliete teen die Amalekiete te staan kom, het God sy volk die oorwinning gegee terwyl Moses se hande omhoog gehou is. Hamas werk met dieselfde gees … een wat ’n diep haat vir God en sy kinders koester.
Dit is nou die tyd vir ons om Joodse gesinne se arms omhoog te hou!
“’Troos, troos my volk,’ sê julle God” (Jes 40:1). ICEJ help jou om dit op die mees praktiese maniere te doen wat groot troos bring. Besoek icej.org.za/crisis om uit te vind hoe jy met ICEJ hande
kan vat en skenkings kan maak vir noodleniging. Besoek icej.org.za/IronSword om ICEJ SA se amptelike verklaring te lees.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 04/11/2023
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.
Die ‘’Israel’’ verwarring – ’n Grondgebied of volk?
Wanneer jy die woord ‘’Jood’’ hoor of self gebruik, in watter verband is dit? Is dit die Israeliete van die Bybel? Is dit die staatsamptenare en volk wat ‘’Jesus’’ doodgemaak het? Is dit die mense van die Gaza strook of Israel/Palestina gebied vandag? Was ‘’Jesus’’ ’n Jood koning? Dit staan mos so geskryf. Is Jode die stam Juda? Is dit blankes wat lief is vir geld? As die Jode die uitverkore volk is moet Adam tot Jesus se geslagsregister en sy dissipels mos Jode wees? En jy self kan nie ’n Jood wees nie want jy’s ’n blanke Christene en die Jode glo nie in Jesus nie? Nou word jy as blanke eintlik volgens die Bybel/kerk as ’n minderwaardige heiden beskou (genitale) wat nie deel is van God se volk nie. Maar dis nou aanvaarbaar want ‘’Jesus’’ het aan die kruis gesterf vir ‘’alle volke’’. So na 1994 kon alle rasse en kulture saam in die kerk God dien maar ‘’Jesus’’ is al 2000 jaar terug vermoor? Was die kerke in Apartheid verkeerd? Het die kerke na Apartheid eerder na die politiek se pype begin dans? Wanneer daar vandag van Israel gepraat word op Sosiale of Hoofstroom media word daar verwys na die Staat wat eers in 1948 op die kaart verskyn het ten koste van Palestina se inwoners wat eeue reeds daar gevestig was. Het Britse mag van daardie tyd soos gewoonlik hulle militêre mag gebruik om die Palestyne uit hulle eie land te boender en die gebied aan ’n nasie toe te eien wat baie onwelkom was in Europa en die res van die wêreld. In ruil vir Rothchild geld-guns of geregtigheid?: Die Al Nakba Dokumentêr vertel die verhaal meer breedvoerig. Dieselfde propaganda wat jou of jou ouers laat ingee het om die land weg te gee en jou ‘n skuldgevoel laat kry oor jy wit is, is juis wat die boosheid ‘n klomp simpatiseerders en ondersteuners laat kry soos ”Christene” wat hierdie blad se artikels bestuur.