Geskryf deur: George Whitten en Stefan J. Bos
Artikelbron: www.worthynews.com

Met Israel wat menseslagting, ontvoerings en oorlog moet trotseer, het talle mense politieke verskille opsy geskuif om by Jerusalem se Klaagmuur byeen te kom om vir die Joodse nasie te bid.

n Video wat deur Worthy News nagegaan is, het getoon dat duisende byeengekom het om te bid “dat die gyselaars (wat in Gasa aangehou word) veilig sal terugkeer”. Daar is ook vir die oorwinning van Israel se weermag en ander veiligheidsmagte in die oorlog teen Hamas gebid.

Die emosionele bid van Psalms en gebede “vir die veiligheid en oorwinning van die Israelse weermag” en die nasie het van die Tempelberg af weerklink.

Avichai Brodtz, wie se vrou en drie kinders deur gewapende Hama-terroriste ontvoer en na Gasa geneem is, en Shmuel Rabinowitz, die rabbi van die Westelike Muur (Klaagmuur), was onder diegene wat saam gebid het.

Die gebede het gekom met Israelse magte wat die oorlog teen Hamas verskerp het. Israel en die meeste Westerse lande beskou Hamas as ’n terreurgroep. Die groep het op 7 Oktober 1 400 mense in Israel vermoor.

Duisende ander is beseer in die ergste aanval op Jode sedert die Holocaust, ook bekend as die Shoah.

Israelse polisie het Palestynse Moslems verbied om by die Al-Aqsa-moskee-kompleks in die Ou Stad van Jerusalem te bid ná die Hamas-aanval weens vrese vir onluste en aanvalle.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 07/11/2023

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here