Artikelbron: cvandaag.nl
Christelike politieke partye in Nederland is sterk gekant teen die sogenaamde “selfdoodeksperiment” van die Coöperatie Laatste Wil, berig cvandaag.nl
Hierdie eksperiment het ten doel om ’n selftoegediende selfdoodpil aan 10 000 deelnemers van 55 jaar en ouer te verskaf.
Vrywilligers kan bloot vir hierdie eksperiment aanmeld en sal vir tien jaar gemonitor word, solank hulle lewe. Dié organisasie, wat ’n voorstaander is van die keuse om jou lewe vrywillig self te beëindig, het ten doel om individue die vryheid te gee om oor die einde van hul lewens te besluit.
Die kanse is min dat hierdie eksperiment in die nabye toekoms sal begin omdat die verspreiding van selfdoodmiddels onwettig is in Nederland. Die organisasie se planne het onmiddellike kritiek uitgelok.
Mirjam Bikker, die leier van die Christelike Unie veroordeel dit ten sterkste en het gesê dit is onaanvaarbaar om dit te normaliseer. Sy het bygevoeg dat daar genoeg wetenskaplike bewyse is dat dit selfdoodsyfers sal verhoog. Sy het bygevoeg dat dit “kwesbare mense en hul geliefdes in onverantwoordelike situasies” sal plaas en hoop dat dit kriminele optrede kan volg.”
Daar is uit ander oorde gevra dat die organisasie verbied moet word. Die Christen Unie, Gereformeerde Politieke Party, Christen-Demokratiese Appèl (CDA) en Boere-Burger Beweging (BBB) het gesamentlik ’n mosie ingedien wat die regering versoek om die eksperiment te verbied en die projek te staak. Hulle het ook versoek dat die organisasie verbied moet word.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 28/03/2023
Foto slegs ter illustrasie: unsplash.com
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.