Geskryf deur: VOM Suid-Afrika Artikelbron: www.persecutionsa.org

Abdu wou van kleins af ’n Islamitiese geleerde wees en het daarom skole bygewoon wat uitsluitlik op die Koran gefokus het. Nadat hy die Koran 15 jaar lank bestudeer het, het hy ’n Islamitiese leraar geword.

Maar in 2022 het hy ’n ou vriend ontmoet wat ’n volgeling van Christus geword het. Die vriend het die Evangelie by talle geleenthede met Abdu gedeel en Abdu het sy eie oortuigings begin bevraagteken. Uiteindelik het Abdu tot bekering gekom.

Die plaaslike Islamitiese leiers het ontdek dat Abdu en sy vrou Christene geword het en hulle het hom dadelik afgedank. Abdu het sy inkomste en sy huis verloor en is nie toegelaat om ’n huis in die omgewing te huur nie. Hy het geen opleiding of vaardighede gehad om hom te help om werk in die sekulêre mark te kry nie.

Christen-vriende het hom in kontak gebring met Voice of the Martyrs (VOM) wat hom gehelp het om ’n mikro-onderneming te begin wat pynappels verkoop. Abdu gebruik dikwels sy nuwe werk om ander van Christus te vertel en sê: “Jesus is so soet soos ’n pynappel.”

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 27/10/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here