Geskryf deur: Abby Trivett www.charismanews.com Artikelbron:
Jose Hernandez se ervaring om te sterf en weer terug te keer na die lewe het hom vir altyd verander. Wat hy verwag het net ’n niksheid in die duisternis sou wees, blyk toe ’n hiernamaals te wees waar hy die skok van sy lewe gekry het.
Hernandez het die vreedsaamste en wonderlikste ervaring gehad toe hy die hemelse ryk sien. Hy het sy pa gesien, wat sy perspektief heeltemal verander het en ’n gebroke hart herstel het.
“Ek het ’n man in die water gesien. Hy was kniediep in die water en hy het ses kinders wat in ’n ry aan sy regterhand vasgehou het. Een kind aan sy linkerhand,” het Hernandez gesê. “Ek het gesê: ‘Sjoe, dit is nogal ongelooflik! Laat ek gaan kyk waaroor dit gaan. Toe ek so 10 voet … 15 voet van hom af weg is, draai hy om. Dit was my pa.”
Hernandez en sy pa het ’n onstuimige verhouding met mekaar gehad.
Hierdie herontmoeting in die hemel het Hernandez egter toegelaat om die beskadigde dele sy hart te genees en te herstel wat tussen hulle twee gebroke was.
“Wat ‘n geleentheid om vir my pa te sê wat ek nooit in die lewe vir hom kon sê nie,” het Hernandez gesê. “Ons het ʼn gesprek gehad wat baie emosioneel was vir my … maar ek het verstaan dat hy my liefhet. En ek dink hy het verstaan dat ek hom liefhet. Dit het ons op ’n vreemde manier herenig.”
Hernandez het ook die kans gehad om die perfekte vrede en skoonheid van die hemel self te ervaar.
“My verwagting toe ek sterf, was dat ek niks sou teëkom en niks sou word nie,” het Hernandez gesê. “Toe begin ek dinge sien wat verbysterend was, in die sin dat die kleur lewendig was!”
’n Deel van die skoonheid wat Hernandez gesien het, was die treffende landskappe rondom hom.
“Ek het hierdie berge gesien en ek kon die skadu sien wat die wolke op die berge maak en hulle was so donker en kontras. Ek kon wilde troppe diere sien hardloop en ek het gevind dat ek soort van sweef…”
Dit is verhale soos Hernandez s’n wat wys hoe ons lewe hier op hierdie aarde net die begin van ons ewige storie is.
“My ervaring het my ’n ewige perspektief gegee,” het hy gesê.
Elkeen van ons sal die dag voor die Here in die gesig staar waar ons óf sal hoor: “Mooi so, my goeie en getroue dienskneg,” óf “Gaan van my af; Ek het jou nooit geken nie.” Dit is nou ons tyd hier op hierdie aarde dat ons moet besluit om Hom óf vir ewig te volg, óf vir ewig van die opgestane Koning geskei te wees.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 29/03/2023
Foto: www.instagram.com/josehernandezinnerimmersion
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.