Artikelbron: cvandaag.nl
’n Israelse Christen-leier, Shadi Kalloul, glo dat die duiwel deur Hamas en Hisbolla werk het hy in ’n onderhoud met The Christian Post gesê. Volgens hom is vrede onmoontlik solank die twee terreurgroepe nie uitgeskakel word nie: “Daar is geen vrede met die duiwel nie.”
Shadi Khalloul is ’n direkteur by die Alma Research and Education Centre, ’n organisasie sonder winsbejag wat veiligheidskwessies op Israel se noordelike grens ontleed. Hy het onlangs met The Christian Post gepraat oor die voortslepende konflik tussen Israel en Gasa, berig cvandaag.nl.
Hy is ook die voorsitter van die Israeli Christian Aramean Association (ICAA) wat ten doel het om die Aramese taal te laat herleef en Christene aanmoedig om in die Israeliese weermag te dien. Hy woon in ‘n gemeenskap wat uit Aramese Christene bestaan.
Daar bestaan kommer dat Hisbolla (wat deur Iran gesteun word) by die konflik betrokke sal raak en volgens ’n instituut verbonde aan die Tel-Aviv Universiteit, het die terreurgroep ’n beduidende arsenaal van wapens en tot 100 000 vegters.
Khalloul het aan The Christian Post gesê dat hy as ’n Christen wat in die grensgebied woon bekommerd is. Volgens hom moet Hisbolla en Hamas volgens Khalloul heeltemal afgetakel en ontwapen word om ware vrede te bewerkstellig.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 31/10/2023
Foto slegs ter illustrasie: pixabay.com
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.