– deur AfriForum Teater
Artikelbron: Verskaf

AfriForum Teater se Maart-program beloof ’n ryk verskeidenheid vermaak, met iets vir elke smaak – van klassieke simfoniese musiek en Afrikaanse musiekteater tot intieme akoestiese vertonings en geliefde familieteater. Hierdie maand se program sluit onder meer die Pretoria Symphony Orchestra se Jeugkonsertfees, die gewilde Staan sterk in Afrikaans-konsert, die bekroonde musiekteaterproduksie Belofte van vere, ’n unieke akoestiese vertoning deur Die Piesangskille en die treffer-musiekblyspel The Jungle Book in.

1 Maart (15:00) – Pretoria Symphony Orchestra – Fifth Annual Youth Concerto Festival

Die jaarlikse Jeugkonsertfees bied ’n inspirerende blik op die volgende generasie Suid-Afrikaanse musiektalent. Jong soliste tree saam met die orkes op in ’n uiteenlopende program wat instrumente soos tjello, klarinet, fluit, Franse horing, klavier, saxofoon, altviool en viool insluit. Een van die hoogtepunte is die terugkeer van 2025-deelnemer Talita Smith, wat die volledige Fantasia for Saxophone deur Heitor Villa-Lobos uitvoer – ’n tegnies uitdagende en besonder ekspressiewe werk.

7 Maart (19:00) – Staan sterk in Afrikaans 2026

Die gewilde Staan sterk in Afrikaans-konsert vier vanjaar sy sesde bestaansjaar. Hierdie samekoms van Afrikaanse kunstenaars bied nie net ’n aand van gehalte-musiek nie, maar ook ’n platform vir onafhanklike musikante om hul stemme te laat hoor. Organiseerder Anton Fitchat beskryf die projek as ’n viering van samewerking en ’n geleentheid om Afrikaanse musiek en kultuur positief te bevorder.

10 tot 15 Maart (19:00, met sekere dae ook 10:00) – Belofte van vere

Hierdie bekroonde musiekteaterproduksie bring hulde aan digter en kunstenaar Breyten Breytenbach. In die stuk tree sy dogter, Daphnée Breytenbach (vertolk deur Rolanda Marais), in gesprek met haar beroemde pa (Eben Genis). Onder regie van Philip Rademeyer (toneel) en Anna Davel (musikaal) bied die produksie ’n intieme blik op familieverhoudings, kuns, identiteit en die kompleksiteite van taal, aktivisme en roem. Die stuk het reeds by die Momentum Aardklop Kunstefees groot lof ontvang en word beskou as ’n besonder sensitiewe en poëtiese teaterervaring.

20 Maart (19:30) – Die Piesangskille – Die liedjies se verhale

Hierdie spesiale akoestiese vertoning bied aanhangers ’n seldsame geleentheid om die stories agter Die Piesangskille se musiek te hoor. Met Johan Balt, Johan Viljoen, Zander Botha en Daniël Marais op die verhoog, kombineer die vertoning musiek, vertelling en poësie in ’n nostalgiese reis deur studentejare, liefdesverhale en die ontstaan van hul liedjies.

25 tot 29 Maart en 1 tot 5 April – The Jungle Book

VR Theatrical se energieke musiekblyspelweergawe van Rudyard Kipling se klassieke verhaal keer terug ná ’n uitverkoopte 2025-seisoen. Hierdie produksie bied ’n moderne, visueel treffende interpretasie van die geliefde storie van Mowgli, die seun wat tussen wolwe grootword en sy avonture saam met Baloo, Bagheera en die vreesaanjaende Shere Khan. Met oorspronklike musiek en dinamiese choreografie is dit ’n ideale teaterervaring vir die hele gesin (ouderdom 5+). Die vertoning word in Engels aangebied.

Loer hier om kaartjies te koop:
Vir meer inligting: https://afriforumteater.co.za/

Marné Jooste
Bemarking-en-kommunikasiebeampte
AfriForum Teater E-pos: marne.jooste@afriforum.co.za


Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.


Datum gepubliseer: 03/03/2026
Foto’s verkry deur oorspronklike artikel

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here