Geskryf deur: Mercy Ships Holland 
Artikelbron: mercyships.nl

Mercy Ships se nuutste hospitaalskip, die Global Mercy, het in Dakar, die hoofstad van Senegal, aangekom. Nadat daar verlede jaar ’n reeks mediese opleidingsessies aangebied is, sal daar vanjaar vir die eerste keer gespesialiseerde operasies op die skip uitgevoer word. Mercy Ships sal die operasies en opleiding in samewerking met die gesondheidsministeries van beide Senegal en Gambië uitvoer, en pasiënte van al twee lande sal aan boord van die Global Mercy behandel word.

800 operasies
Gert van de Weerdhof, Mercy Ships se hoof- uitvoerende bestuurder sê dat hulle verwag om oor die volgende vyf maande meer as 800 operasies aan boord uit te voer, insluitend rekonstruktiewe chirurgie van die gesig, pediatriese ortopedie, pediatriese en volwasse algemene chirurgie, en oogheelkundige operasies.

Mediese opleidingsessies
Benewens die operasies, beoog Mercy Ships om ’n groot aantal mediese opleidingsessies aan te bied. Die doelwit is om meer as 600 gesondheidsorgwerkers op te lei in veilige chirurgie, geestesgesondheid, primêre traumasorg, veilige verloskunde, neonatale resussitasie, anestesie en noodsaaklike pynbestuur. Die opleidingsprogram bestaan uit individuele opleiding by die Global Mercy asook in hospitale in Dakar, met ’n aparte kursus in Gambië.

Lewens verander
Oor die volgende 50 jaar sal die chirurgiese prosedures na verwagting meer as 150 000 lewens verander. Elke lewe wat verander verteenwoordig iemand met ’n naam, ’n gesig, ’n storie, ’n gesin en ’n gemeenskap. Boonop sal duisende mediese beroepslui van Afrika opgelei word om te verseker dat hulle opleiding ’n blywende uitwerking in hulle gemeenskappe het.

In die toekoms sal die Global Mercy saam met die Africa Mercy werk, wat sedert 2007 in oprasioneel is en aansienlike opknapping ondergaan het om voort te gaan om die mense van Afrika in die komende dekades te dien.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 03/03/2023
Foto’s: mercyships.nl

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here