Geskryf deur: Errol Naidoo
Artikelbron: familypolicyinstitute.com
Die aanvalle teen geloof, die gesin en vryheid neem toe in Suid-Afrika. Ons moet waaksaam bly.
Wysigingswetsontwerp op Seksuele Misdrywe
Die “Wysigingswetsontwerp op Seksuele Misdrywe” wat die hele seksbedryf in Suid-Afrika sal dekriminaliseer, gaan in Maart 2023 in die parlement ter tafel gelê word. So ook die nuwe, enkele Huwelikswet wat poog om die huwelik tussen ’n man en ’n vrou te herdefinieer en gelyk te stel aan dieselfdegeslag- en transgender verbintenisse.
Wetsontwerp op Haatspraak
Die parlement het ook die ergste weergawe van die Wetsontwerp op Haatspraak goedgekeur wat daarop gemik is om sekere teksgedeeltes te kriminaliseer en die vrye uitdrukking van Bybelse oortuigings te beperk en te straf.
Family Policy Institute (FPI) het baie werk om te doen in 2023. Ons werk hard om die stem van Christen-burgers te versterk. Jou stem word al hoe belangriker namate die aanslag op die huwelik, die gesin en kinders verskerp.
Oorweeg asseblief biddend om vandag ’n ruim eenmalige belasting-aftrekbare skenking aan FPI te maak om ons in staat te stel om die gesin effektief te verdedig en Bybelse waardes in die parlement, die media en die algemene samelewing te bevorder. Jou bydrae is van kritieke belang vir die sukses van ons lewensbelangrike werk in Suid-Afrika.
Protect Children SA
FPI het die Protect Children SA” -inisiatief in Oktober 2022 van stapel gestuur om ouers en opvoeders betroubaar ingelig te hou oor die bedreiging van die omvattende seksualiteitvoorligtingsprogram (Comprehensive Sexuality Education – CSE). Die veldtog bou momentum op in Suid-Afrika, maar ons moet die momentum behou vir maksimum sukses.
Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het beweer: “CSE is every child’s right to be equipped to make informed choices.” CSE is nie ’n “reg” nie. Dit is ’n instrument waarmee LGBTQ-radikales kinders seksualiseer.
Die gesin, die huwelik
Jou ondersteuning oor die volgende paar maande sal van kritieke belang wees vir FPI se werk. Ons word deur formidabele bedreigings teen die Bybelse Christendom, die heiligheid van die lewe, die huwelik, die natuurlike gesin, die veiligheid en waardigheid van vroue en kinders, ouerlike gesag en godsdiensvryheid in die gesig gestaar.
Dankie vir jou gewaardeerde gebede en finansiële vennootskap van hierdie noodsaaklike bediening in Suid-Afrika.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 06/03/2023
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.