Geskryf deur:  Miskyah Toth
Artikelbron: JUIG! Tydskrif 

“Wie is jy, groot berg? Voor Serubbábel sal jy tot ’n gelykte word! En hy sal die sluitsteen te voorskyn bring onder uitroepe van: Genade, genade oor hom! … Die hande van Serubbábel het die fondament van hierdie huis gelê, en sy hande sal dit voltooi; dan sal jy weet dat die Here van die leërskare my na julle gestuur het” (Sag 4:7, 9, AFR53)

Anker vir die siel
In die markplein is een ding vir seker – die opposisie sal altyd probeer om te keer wat God deur sy geliefdes doen. Ons begin dikwels met ywer, maar wanneer vervolging kom, word ons moeg. Ons vergeet dat Jesus ons sluitsteen is. Wanneer God ’n instruksie gee en ons dit gehoorsaam, kan ons ons siel anker in die sekerheid dat die finale afrondings aan die projek, die sluitsteen, reeds gedoen is.

 

Gereedskap en ’n swaard
Ek herinner myself voortdurend aan toe die mure van Jerusalem herstel is. Diegene wat daaraan gewerk het moes dit doen met gereedskap in die een hand en ’n swaard in die ander! Hulle het geweet hoe belangrik dit was om die mure te herbou vir die beskerming van hul stad, en terwyl hulle hard gewerk het, moes hulle die aanslag van die vyand beveg.

Wat is jou visie?
Ek wil jou aanmoedig om die sluitsteen in jou visie te plaas nog voor jy met die proses begin. In vandag se terme praat ons van ’n doelwit. Wat is die doel van jou besigheid of die projek waaraan jy werk? Skree dan: “Genade, genade daaroor!” Weet dat die genade van God reeds vrygestel is om jou te bemagtig om dit te voltooi. Die meeste dae fokus ons op ons “besigheidsgereedskap”, maar, liewe Koninkryksbouer, as ons kragtig in die markplein wil wandel, moet ons die swaard van die Gees hê en geklee wees in die wapenrusting van God! Terwyl ons konsekwent bly, ongeag die omstandighede, sal die Gees van God kragtig namens ons beweeg. Laat die swaard van die Gees in jou mond, hart en hande wees terwyl jy die wil van die Vader doen.

God eer geloof
Hou jou oog op die sluitsteen en moenie ophou totdat die taak voltooi is nie! God eer geloof in Hom. Onthou dit: “…as wat hulle wil en wat hulle doen, mensewerk is, sal daar niks van kom nie. Maar as dit van God kom, sal julle hulle nie kan keer nie…” (Hand 5:38-39). Wanneer ons werk soos vir die Here, veg God altyd vir ons!

Miskyah Toth – uitvoerende hoof van BDCS en skrywer van Iron in Silk, is beskikbaar as ’n openbare spreker. Nooi haar uit om met jou gehoor te praat tydens jou geleentheid! Stuur ’n e-pos na info@miskyah.com vir meer inligting.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.


Datum gepubliseer: 19/10/2024

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here