Geskryf deur: Christy-LynArtikelbron: Artikel verskaf

“Nadat ek vroeër vanjaar saam met Joshua Aaron in Kaapstad opgetree het, het hy my genooi om die harp te speel by sy aanbiddingskonferensie, “Gather America”, wat op 14-16 September in Dallas, Texas, plaasgevind het. Ek het saam met hom opgetree terwyl hy 2 000 mense in aanbidding gelei het. Ek is ook die geleentheid gegun om sessie aan te bied waar ek mense kon bemoedig wat dit oorweeg om die harp as ’n instrument van aanbidding te leer speel … so opwindend!!

“Josua het ‘n visie om mense van alle nasies op een plek bymekaar te bring, met een doel: om die Here te aanbid! Geen agenda, geen denominasies nie, net ’n “familiereünie” van mense wat die Here in gees en waarheid wil aanbid! Soos die boodskap van Jesus uit Israel uitgegaan het na al die omliggende nasies, kom ons byeen om Hom met rein harte te aanbid, as ’n familie van God. Dit is SO opwindend om deel te kon wees van wat die Here doen!

Joshua het vir my gesê dat hy die harp beskou as ’n belangrike voorstelling van hemelse aanbidding, daarom wou hy die harp teenwoordig hê tydens die konferensie, insluitend ’n “koor van harpe”, net soos dit in Openbaring beskryf word! Soortgelyk aan hierdie video wat onlangs op YouTube geplaas is.

“Die harp speel deurgaans in die Bybel ’n rol in aanbidding  – Koning Dawid het harpspelers aangestel as een van die hoofinstrumente om die mense voor te gaan in aanbidding  … maar deesdae het die meeste mense nog nooit eers ’n harp in aanbidding gesien nie! Net soos koning Hiskia die harp teruggebring het toe hy die tempelaanbidding baie jare ná koning Dawid se tyd herstel het, het ons ’n oproep om dieselfde te doen!

“Die Here het ‘n spesiale salwing op die harp geplaas – dit het die vermoë om sy teenwoordigheid en vrede te bring op ’n manier wat geen ander instrument kan nie. Dit is nie om dowe neute dat Dawid die harp vir Saul gespeel het en die bose geeste gewyk het nie.

Dit is belangrik om die harp terug te bring as ’n instrument van aanbidding. Ons doel is om hierdie vers tot lewe te bring: “My hart is gerus, o God! Ek wil sing en psalmsing, ja, ook my eer. Waak op, harp en siter! Ek wil die dageraad wakker maak. Ek wil U loof onder die volke, o Here, en psalmsing tot u eer, onder die nasies” (Psalm 108:2-3)”.

Wat ’n voorreg om ’n instrument van sulke geestelike betekenis te kan bespeel!”

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 19/09/2023
Foto: Joshua Aaron en Christy-Lyn

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here