Geskryf deur: Artikelbron: cvandaag.nl  

Die Indonesiese hof het man, wat ’n kerkdiens in Lampung (Sumatra) ontwrig het, tot drie maande tronkstraf gevonnis. Die huiskerk het ’n tydelike permit ontvang en is besig om ’n lisensie te bekom om ’n kerk op te rig.

Die ontwrigting van die Kemah Daud House Church-diens het in Februarie vanjaar plaasgevind. ’n Man wat beweer het hy is die buurtleier, het by die kerkgebou ingestap en geëis dat die “onwettige viering” gestaak word. Anders sou daar volgens hom onluste in die buurt wees – iets wat wel voorheen gebeur het.

Die polisie het die man gearresteer. Dit blyk dat hy ook in die verlede gereeld dienste ontwrig het. Die hof het beslis dat die moeilikheidmaker gestraf moet word en is drie maande tronkstraf opgelê.

Alhoewel Indonesië steeds op die Wêreldwaarnemingslys is, is daar tog veranderinge sigbaar wat positief is vir die Indonesiese kerke. In Junie is aangekondig dat Jakarta ’n beperkende maatreël van 2006 wil hersien.

Die maatreël het die instelling van sogenaamde “forums vir godsdienstige harmonie” behels en in die praktyk gelei tot die skending van godsdiensvryheid en spesifiek beperkings op die reg om kerke te bou.  Indonesië is die grootste Moslem-land ter wêreld: byna 90% van die 280 miljoen Indonesiërs is Moslems. Ongeveer 34 miljoen Christene woon egter ook daar.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 19/09/2023
Foto: cvandaag.nl

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here