Artikelbron: The Christian Post
Nadine Woodward, die burgemeester van Spokane, Amerika, het verlede maand aan ’n gebedsgeleentheid van die bekende sendeling en spreker, Sean Feucht, deelgeneem. Die stadsraad is egter glad nie tevrede met die burgemeester se deelname nie en beoog om Woodward te berispe, berig The Christian Post.
Die gebedsgeleentheid van Feucht het op 20 Augustus in Spokane, Amerika, plaasgevind. Een van die redes waarom die stadsraad nie tevrede is met Woodward se deelname aan die gebedsgeleentheid nie, is die teenwoordigheid van Matt Shea. Hy is ’n voormalige politikus is uit die Republikeinse party geskors nadat hy in 2016 by ’n gewapende voorval betrokke was.
Feucht, bekend vir sy “Let Us Worship”-beweging is ’n stoere Christen-nasionalis wat glo dat Christene die land moet regeer en betrokke moet wees by die wegtewingsproses.
Tydens die gebedsgeleentheid het Shea, wat nou ’n pastoor is, ongeveer ’n minuut lank vir Woodward gebid, nadat hy verklaar het dat daar net een oplossing is vir al die huidige debat rondom transgender kwessies en selfdegeslaghuwelike is: “Sy naam is Jesus Christus.”
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 18/09/2023
Foto: YouTube-kanaal Idaho Tribune62
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.








