Artikelbron: Morning Star News
Gewapende terroriste het Woensdag ’n pastoor en twee ander Christene in die Nigeriese stad Jos ontvoer, berig Morning Star News
Die terroriste het vroeg Woensdagoggend die huis van die pastoor van die Evangelical Church Winning All (ECWA) binnegekom. Die pastoor en die twee ander Christene is deur gewapende mans ontvoer. Michael Madaki, ’n plaaslike inwoner het gesê die terroriste het die terrein van die kerk binnegeval waar die pastoor ook woon.
’n Woordvoerder van die polisie het bevestig dat polisiebeamptes na die gebied gestuur is om die oortreders op te spoor en die slagoffers te bevry. Hy wou niks sê oor die identiteit van die oortreders nie. Byna alle aanvalle op Christene in Nigerië kom egter van radikale Islamitiese organisasies of Islamitiese Fulani-veewagters.
In geen land ter wêreld is soveel Christene in 2022 vermoor soos in Nigerië nie, het die Wêreldwaarnemingslys van 2023 getoon. Die land lei ook die lys met die bekendste gevalle van ontvoering, verkragting, mishandeling en intimidasie.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 18/09/2023
Foto slegs ter illustrasie: rawpixel.com
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.