Artikelbron: allisrael.com
Die Israelse ministerie van buitelandse sake het drie prominente Christelike sendingorganisasies om verskoning gevra, insluitend die Internasionale Christelike Ambassade Jerusalem (ICEJ) berig All Israel News. In Augustus is daar opgehou om visums aan geestelikes verbonde aan die betrokke organisasies uit te reik. Die ministerie maak nou ’n ommekeer daaroor.
In Augustus het All Israel News berig dat die ministerie van binnelandse sake “skielik teen pro-Israel sendingorganisasies gedraai het wat in die land werksaam is. Die ministerie het probeer om hulle werksaamhede lam te lê.”
“Onder leiding van minister Moshe Arbel, ’n ultra-Ortodokse rabbi en Knesset-lid wat deel is van die godsdienstige politieke party Shas, het die ministerie van binnelandse sake spesifiek die uitreiking van geestelike visums vir werknemers van die Internasionale Christelike Ambassade Jerusalem (ICEJ) en ekwivalente Christelike groepe verbied,” het All Israel News verlede maand opgemerk. Dit het die toekomstige aktiwiteite van hierdie organisasies in Israel bedreig.
Eyal Siso, die nuwe direkteur-generaal van die bevolkingsadministrasie binne die ministerie van binnelandse Sake, het egter hierdie week ’n aantal senior leiers van drie vooraanstaande wêreldwye Christelike sendingorganisasies in Israel ontmoet.
Calev Myers, die groep se regsadviseur, het in ’n onderhoud met All Israel News gesê die direkteur-generaal het verskeie kere tydens die vergadering herhaal hoe dankbaar Israel vir hierdie Christelike organisasies is en hoe belangrik hulle vir die regering van Israel en diplomatieke werk is,” het Myers gesê.
“Hy het ook verskeie kere om verskoning gevra vir die feit dat die organisasies gevoel het die regering het sy beleid verander en dit vir hulle moeiliker gemaak om visums te bekom,” het Myers gesê.
Die Christelike organisasies het hul dankbaarheid teenoor mnr. Siso uitgespreek vir die verduidelikings en baie positiewe houding teenoor hul werk namens Israel.
Die groepe het dit aanvanklik oorweeg om die ministerie van binnelandse sake hof toe te neem vir die oortreding van skriftelike ooreenkomste wat aan hulle ’n jaarlikse kwota geestelike visums sou toestaan. Die oplossing van die saak beteken dat regstappe nie nodig sal wees nie.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 18/09/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit rawpixel.com
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.