Artikelbron: Artikel verskaf 

Solidariteit Helpende Hand se kleuterskole en nasorgsentrums, beter bekend as die Ons Plekke, het op Woensdag 10 Januarie 2024 die bekendstelling van die sentrums se nuwe skoollied gevier. Maar dit is nie net ’n skoollied nie – dit is ’n lied wat verandering meebring en by ’n gemeenskap in nood hoop skep op ’n toekoms vol liefde.

(Klik hier om die artikel, Ek ken ’n seuntjie, ek ken vir Dawid, te lees wat die verhaal vertel van een van die kinders wat onlangs by Ons Plek gehelp is.)

Solidariteit Helpende Hand Ons Plek is ’n opvoedkundige gemeenskapsprojek wat fokus op gehalte onderrig in Afrikaans en die versorging van kinders uit alle sosio-ekonomiese agtergronde ten einde hulle in staat te stel om hul maksimum potensiaal te bereik. Die projek behels die dienste van ’n kleuterskool en naskoolsentrum met Christelike waardes in ’n veilige omgewing vir kinders uit Afrikaner-kultuurgemeenskap. Lede van die gemeenskap dra by tot die volhoubaarheid van die diens en help om voorspoed vir elke kind te verseker.

“By die Ons Plekke sien ons elke dag deurbrake. Ons erken dat ons kinders en gesinne daagliks ’n stryd voer om te oorleef, en ons hou ons oë oop vir geleenthede om die onmoontlike moontlik te maak. Ons strewe daarna om die werklikheid in geloof aan te pak, omdat ons glo God sal voorsien. Ons fokus op die liefde vir ons mense en die welvaart van ons kinders eerder as op politieke realiteite,” sê Suzette Oosthuizen, die hoof van Solidariteit Helpende Hand se sentrums en nasionale strukture.

Die Ons Plek-skoollied is geskryf en word gesing deur die musikant Arnold de Wet, die seun van die geliefde Jan de Wet. “Toe Helpende Hand my vertel wat hulle by die Ons Plekke doen, het dit my opnuut laat besef dat daar ’n blink toekoms voorlê vir enigiemand wat geleenthede aangryp, ongeag hul omstandighede,” vertel De Wet.

Kyk gerus hier na die musiekvideo

Die Ons Sentrums dien as monumente van hoop in verskeie gemeenskappe. Die Sentrums bied ‘n holistiese diens aan kinders van alle ekonomiese agtergronde. “Ons wil kinders nie net fisies voed nie, maar ook emosioneel ondersteun en ‘n leerreis aanbied wat lewensveranderend is. Die Ons Plekke en Ons Sentrums het reeds ‘n impak op meer as 400 kinders, maar ons droom van ‘n toekoms waar elke tak in al 14 ons streke help om ons missie te implementeer. Ons is dankbaar vir die finansiële ondersteuning van die Bemagtig ‘n Kind-projek, die Ons Winkels en ons streke. Hierdie samewerking en geloof maak ons drome moontlik,” sê Oosthuizen

Met die bekendstelling van die Ons Plek-skoollied wil Solidariteit Helpende Hand die gemeenskap uitnooi om deel te word van ons kinders se toekoms.

Klik op die volgende skakel en antwoord op hulle noodkreet om onderrig, opleiding en ontwikkeling – maak vandag nog ‘n verskil met jou finansiële bydrae: https://helpendehand.co.za/sentrums/

“Ons versoek die gemeenskap om hierdie musiekvideo te deel, mense saam te roep om by te dra tot die ontwikkeling van die Ons Plekke en saam met ons te bid en te glo in hierdie missie. Ons strewe na die redding van ’n volk, kind vir kind,” sluit Oosthuizen af.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 15/01/2024
Foto: YouTube skermskoot

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here