Artikelbron: flbaptist.org
Byna vyfduisend Kubane het Jesus aangeneem nadat hulle deur agt Amerikaanse sendelinge besoek is. Die Baptiste sendelinge van Florida het gesê hulle het gesien hoe God kragtig in kerke en onder die mense in Kuba werk.
Die agt Baptiste sendelinge het die land vroeg in Desember besoek. Hulle het met vreugde vir Baptist Press vertel hoe hulle prediking tot 4 820 bekerings gelei het. “Hierdie reis het my lewe op talle maniere verander,” sê Manuel Barahona, die pastoor van Westside First Baptist Church in Boynton Beach. “Die Kerk in die weste van Kuba is lewenskragtig en gesond. Al wat ek kan sê is: ‘Loof die Here.'”
Die groep sendelinge het agt dae lank saam met Baptiste-leiers van Wes-Kuba gewerk om die boodskap van hoop te versprei. Die groep het in twee spanne verdeel en in 45 kerke in die provinsies Villa Clara en Cienfuegos gepreek. “Ons prioriteit was om die Woord van God te verkondig en ons broers en susters te ondersteun,” het Barahona verduidelik.
Baptiste uit Florida werk sedert 1997 saam met die Wes-Kuba Baptiste Konvensie. Die leiers het getuig dat daar ’n opregte honger na Jesus en die Woord van God is. “Mense was so ontvanklik! Hulle was verwelkomend, vriendelik en opgewonde om die Woord van God te hoor. Dit is duidelik dat God besig is om in die kerke en onder die mense in Kuba te werk,” het Fred Pitts, ’n afgetrede pastoor van Florida, gesê.
Die bekering van byna vyfduisend Kubane is besonders, aangesien die land verlede jaar tien plekke op Geopende Deure se Wêreldwaarnemingslys gestyg het.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 15/01/2024
Foto: flbaptist.org
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.