Artikelbron: Global Christian Relief

 

’n Christen-man van Burkina Faso het verlede maand ’n terreuraanval naelskraap oorleef, berig Global Christian Relief. Alphonse Kouama het by ’n vriend by die werk gekuier toe terroriste skielik ingebars het. Die twee het in ’n stoorkamer weggekruip, maar is wonderbaarlik nie opgemerk nie.

“God het my lewe gered,” het Kouama gesê. “Toe die koeëls van oral af begin fluit, het ek en my vriend by sy stoorkamer ingehardloop en onsself onder ’n paar van die goedere versteek.”

Die terroriste het stoorkamerdeur oopgebreek, maar nie die twee mans gewaar nie. “Deur die genade van God het hulle ons nie gesien nie,” sê die Christen.

Toe die terroriste die betrokke dorpie binnekom, was Kouama se vrou besig om hout bymekaar te maak. Sy het dadelik na ’n naburige dorpie gehardloop toe sy die geweerskote hoor. Sy het probeer om haar man te bel, maar kon hom nie in die hande kry nie en het gedink dat hy vermoor is.

Ure later kon Kouama sy vrou bel en haar gerusstel dat hy die aanval oorleef het. Hulle het planne gemaak om in ’n nabygeleë dorpie te ontmoet en dan na Bobo, ’n stad ver daarvandaan te gaan, waar hulle veilig sou wees.

Die twee het mekaar in die dorp ontmoet en in die nag na Bobo vertrek. Hulle was in die geselskap van ’n klein groepie mense. Kort nadat hulle vertrek het, het die groep verneem dat hulle deur die terroriste agtervolg word. Hulle moes noodgedwonge hulle besittings agterlaat en het die bosse ingevlug.

Die terroriste het op hulle bagasie afgekom en dit verbrand, maar Kouama en die ander het ontvlug. Oor sy twee noue ontkomings sê Kouama: “Ek dank die Here wat my lewe gered het. Ons kon Bobo bereik nadat ons drie dae lank deur die bosse gestap het.”

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 15/01/2024
Foto: Global Christian Relief

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here