Geskryf deur: Liezl Barnard
Artikelbron: Artikel verskaf

Loof God vir 54 jaar se seën en voorsiening vir Yaski en 25 jaar vir Heartline 100.6 FM!” Yaski is Far East Broadcasting Association (FEBA) Indonesië se humanitêre tak – sommige mense ken FEBA Indonesië as Yaski – en Heartline Radio is hul hoofradiostasie. In November 2023 het FEBA Indonesië albei hierdie mylpale gevier saam met al die personeel en 300 luisteraars vanaf kerke, skole en besigheidsmanne wat die radiobediening ondersteun.

n Verteenwoordiger van FEBA Indonesië deel die volgende: “Die tema van Yaski se 54ste verjaardagherdenking is: ‘Reconnect, Realign, Restart’. Dit verwys na die manier waarop Yaski en Heartline hul luisteraars, vennote en gemeenskappe ná die pandemie genooi het om weer hande te vat en iets nuuts te begin doen om die Goeie Nuus reg oor Indonesië te versprei.”

n Eilandnasie

Met sowat 17 508 eilande en meer as 277 miljoen mense, is Indonesië die wêreld se grootste eilandgroep wat deel vorm van ’n enkele staat, asook die vierde digste bevolkte land. Dit is ook die land met die grootste Moslem-bevolking ter wêreld, met ongeveer 87% van mense wat Islam aanhang. Hoewel die regering godsdiensvryheid amptelik ondersteun, is Indonesië volgens Geopende Deure se Wêreldwaarnemingslys, steeds onder die top 50 lande waar Christene die meeste vervolg word.

FEBA tussen ander radiostasies

Volgens World Radio Map (www.worldradiomap.com) is daar meer as 1 900 radiostasies in die Indonesiese eilandgroep. FEBA bedryf sewe stasies, maar sy trefkrag is baie wyer te danke aan die M.O.R.E.-projek (Mission Outreach Radio Expansion), waarvolgens FEBA lugtyd by ander radiostasies koop, of selfs programme gratis aanbied, sodat dit uitgesaai kan word. Danksy M.O.R.E. werk FEBA Indonesië tans saam met 125 radiostasies om die Goeie Nuus in die land te versprei!

Verder het FEBA Indonesië se Heartline Radio in 2023 sy 25ste bestaansjaar met verskeie toekennings gevier. By die KPID Toekenningseremonie, het die KPID (Provinsiale Uitsaaikorporasie van Indonesië) vir Heartline Radio met toekennings in die kategorieë vir Beste Geselsprogram en Gunsteling Aanbieder beloon. Radio Heartline FM Jakarta het ook ’n toekenning by RuangMenulis.Id, ’n gemeenskap van skrywers, ontvang vir hul rol in die bevordering van geletterdheid in Indonesië.

Ons glo dat geletterdheid die sleutel is wat ’n wêreld van kennis kan oopsluit,” het FEBA Indonesië in reaksie op die toekenning gesê. “Heartline Radio is ook daaraan toegewyd om ’n lojale medewerker in die land se strewe na geletterdheid te wees. Prys God!”

FEBA Indonesië het ’n Tolerance Radiotoekenning gekry vir hul pogings om verdraagsaamheid tussen godsdiensgemeenskappe te bevorder. Hulle is boonop benoem as een van die vyf beste kindervriendelike stasies uit meer as 120 ander. Daarom is dit waarskynlik geen verrassing dat PEWARNA (Vereniging vir Christen Joernaliste) Heartline Radio as die Mees Invloedryke Christelike Radiostasie aangewys het nie.

Besoek gerus www.febaradio.co.za vir meer inligting.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 16/01/2024
Foto: FEBA

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here