Artikelbron: gatewaynews.co.za 

Mosselbaai het in Desember sy eerste Mighty Men-konferensie met groot sukses aangebied.
Duisende mans van alle ouderdomme het van 15 tot 17 Desember by Mosselbaai saamgetrek die
dorp se eerste Mighty Men-konferensie, berig Gateway News. Die hooforganiseerder, Lukas Swart sê
dat die sukses van die geleentheid hoofsaaklik te danke was aan die teenwoordigheid van die Heilige
Gees reg van die begin af.

Hy het ook drie ander komponente geïdentifiseer wat tot die sukses van die geleentheid bygedra het.
“Meer as 50 plaaslike mans het ses maande lank onvermoeid saamgewerk voor die konferensie en
elke detail van die geleentheid noukeurig beplan. Logistiek rondom uitleg, verkeersvloei, parkering,
verskaffers, klank en sitplek is foutloos uitgevoer,” het hy gesê.


Joe Black het in woord en lied bedien. (Foto: Gateway News)

Volgens Swart was die konsekwente kwaliteit van bydraes deur die verskillende sprekers van
onskatbare waarde. Onder hulle was die geliefde sanger Joe Black, die rekordbrekende Lukas Korff
van Amerika en pastore John Mathuhle en Desmond Wessels.

“Die laaste komponent wat tot die uitsonderlike sukses van die konferensie bygedra het, was dat
daar, ná drie dae vansamesyn, ’n ware gevoel van broederskap en diepgaande waardering was,” lui
die berig van Gateway News.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 14/01/2024
Foto: gatewaynews.co.za

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here