Artikelbron: Artikel verskaf 

Collective Records bied met trots die debuutenkelsnit “Staan Vas” deur die talentvolle kunstenaar Charnell Joseph. Dit sal Vrydag 24 November 2023 uitgereik word. “Hierdie lied gaan harte en siele aanraak met sy kragtige boodskap van volharding en geloof,” sê die maatskappy.

Die kreatiewe proses agter “Staan Vas” is op sigself ’n inspirerende storie. Charnell vertel: “Ek was besig om vir my man en myself aandete te maak toe ek tot God uitroep oor dinge waarvoor ek Hom vertrou het, maar nog nie in my lewe sien gebeur het nie. Ek het emosioneel en gefrustreerd geraak met die proses waarmee die Here in my lewe besig was. Dit is toe dat ek die Here hoor sê: ‘Ek is getrou aan my beloftes aan jou.’”

Hierdie goddelike oomblik van inspirasie het daartoe gelei dat Charnell ’n stemopname van haar gevoelens gemaak het, wat sy met Collective Records se president, Hilton Petersen, en die musikale direkteur, Brandon “Bobby” George, gedeel het. Hulle het haar entoesiasties aangemoedig om ‘n liedjie te skryf gegrond op haar hartservaring en die koortjie, “Staan Vas” het so die lig gesien. Dié lied het nou reeds ’n treffer op die verhoog geword.

Die liedjie weerspieël Charnell se persoonlike reis van selfontdekking en om krag in God te vind tydens moeilike tye. Sy verduidelik: “Gedurende daardie oomblikke wanneer ek met selfvertwyfeling worstel en motivering soek om te volhard, herinner hierdie lied my daaraan dat God my verseker het dat Sy beloftes aan my ‘Ja en Amen’ is.”

Kyk hier na die musiekvideo daarvan

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 17/11/2023

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here