Artikelbron: cvandaag.nl 

Die evangelis Franklin Graham, die seun van Billy Graham, het Israel se president Benjamin Netanyahu besoek en ook saam met hom gebid. Graham het aan CBN News gesê hy beskou dit as ’n “’n eer” om die president te kon ontmoet en saam met hom te bid.

Die evangelis het verder in die onderhoud gesê dat Netanyahu “ons gebede nodig het”. Volgens die berig in cvandaag het Graham gesê: “Hy [Netanyahu] word gekonfronteer deur die moeilikste tyd sedert die geboorte van die staat. Daar is 1 200 mense dood en nog 240 mense word gyselaar gehou. Baie mense is ook in Hamas se aanvalle beseer.”

Graham het ook gesê dat hy met ’n vrou gepraat het wie se man ’n gyselaar is en het getuig dat hy kon sien hoe oorweldigend haar vrees en hartseer vir haar is.

“Bid vir die gyselaars en hulle gesinne. Bid vir president Netanyahu en bid vir die vrede van Jerusalem,” het Graham Christene tydens die onderhoud aangespoor.

Hy het as deel van Samaritan’s Purse die kibboets en gebiede besoek wat aangeval is en het die volgende op ’n YouTube-video gesê: “Ons is sprakeloos … Die nood is so groot, maar ons dien ʼn groot God en Hy is bekend met lyding. Daarom gaan ons doen wat ons kan om die mense hier te help. Ons bid dat hierdie gemeenskap sterker as ooit tevore sal terugkeer. ‘Vader, ons kom in die Naam van U Seun, Jesus. Amen’

Kyk gerus hier na die video van Samaritan’s Purse se besoek aan Israel.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 17/11/2023
Foto: Youtube skermskoot

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here