Geskryf deur: FOR SA 

Die parlement se tweede huis, die Nasionale Raad van Provinsies (“NRP” het die omstrede Wetsontwerp op die Voorkoming en Bekamping van Haatmisdade en Haatspraak (die “Wetsontwerp op Haatspraak”) aanvaar.

Die wetsontwerp stel voor dat haatspraak gekriminaliseer word. In eenvoudige terme word haatspraak deur die wetsontwerp gedefinieer as enige uitlating wat: (1) skade aan ander aanhits en (2) haat bevorder of propageer teen (3) ’n groep mense wat spesifiek in die wetsontwerp gelys word.

Die Wetsontwerp op Haatspraak bly hoogs problematies, veral omdat die NRP die wye definisie van “skade” (wat subjektiewe en vae konsepte insluit) onveranderd gelaat het. Hulle het ook nie daarin geslaag om “haat” te definieer nie, wat die essensiële element van die haatspraakmisdaad is. Die vrystellingsklousules in die wetsontwerp (vir joernaliste, akademici, kunstenaars en vir godsdienstige uitdrukking) is selfvernietigend en bied uiters min ware beskerming, maar die NRP het dit ook onveranderd gelaat.

“Die netto effek is dat die wetsontwerp dit wat volgens die Grondwet beskermde spraak behoort te wees, nou kriminaliseer. Dit erodeer die fundamentele reg op vryheid van uitdrukking, insluitend godsdiensuitdrukking,” sê Daniela Ellerbeck, die regsadviseur van Freedom of Religion South Africa (FOR SA).

Geen wysigings is aangebring aan die klousule van die wetsontwerp wat oor haatspraak handel nie. Die NRP het voorgestel dat die maksimum tronkstraf vir haatspraak van agt jaar na vyf jaar verminder moet word.

“Die voorstel is ’n klug en lagwekkend aangesien die Nasionale Vergadering, in teenstelling met aanbevelings deur die publiek om die tronkstraf van drie jaar wat deur die departement van justisie in die oorspronklike weergawe van die wetsontwerp voorgestel is, te verminder of te verwyder, dit toe onverklaarbaar tot agt jaar verhoog het,” sê Michael Swain, die uitvoerende direkteur van FOR SA.

“Die NRP-komitee het niks gedoen nie, behalwe om hierdie vonnis van agt jaar tot vyf jaar te verminder, sonder om iets te doen aan die algehele problematiese aard van die Wetsontwerp op Haatspraak. Hulle het ook klaarblyklik die oorgrote meerderheid insette van die openbare deelnameproses, wat gevra het dat die tronkstraf verminder of verwyder moet word, geïgnoreer.”

Vervolgens sal die wetsontwerp na die parlement se eerste huis, die Nasionale Vergadering (NV) gestuur word om te besluit of dit die wysiging wat deur die NRP voorgestel is, te aanvaar of te verwerp. Indien die NV die wetsontwerp daarna aanvaar, sal dit aan die president gestuur word vir sy instemming, waarna dit ’n wet sal word.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 16/11/2023
Foto slegs ter illustrasie: wikipedia.org

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here