Artikelbron: Artikel verskaf
“Maak seker jy is geregistreer vir volgende jaar se verkiesing! Die eerste datum vir registrasie is hierdie naweek, 18 tot 9 November 2023. Deel hierdie inligting so ver en wyd as moontlik, want die 2024-verkiesingssal waarskynlik die BELANGRIKSTE verkiesing ooit in ons land se geskiedenis wees,” sê dr. Arno van Niekerk, ekonoom, akademikus, outeur en leier betrokke by Time2RiseSA.
Om uit te vind of jy reeds geregistreer is, SMS jou ID-nommer na 32810. Jy sal ’n antwoord kry wat jou inlig waar jy geregistreer is om in 2024 te kan stem.
Registreer by jou stemlokaal
In die 2024-verkiesing moet jy registreer by die stemlokaal vir die wyk en stemdistrik waar jy woon en jy moet stem waar jy geregistreer is. Om jou stemlokaal te vind, gebruik die OVK se stemlokaal-toep by https://maps.elections.org.za/vsfinder/.
Om te registreer moet jy ook ’n adres of beskrywing verskaf van waar jy woon sodat die OVK jou in die regte wyk en stemdistrik kan plaas. Geen bewys van adres is nodig nie.
Verandering van adres
Registreer om te stem, of kontroleer en verander jou registrasieadres op een van drie maniere: word:
- Aanlyn by registertovote.elections.org.za
- By die stemlokaal vir jou stemdistrik op die registrasienaweek op 18 en 19 November 2023, 08:oo tot 17:00
- By jou plaaslike OVK-kantoor weeksdae gedurende kantoorure. Kry plaaslike kantoorbesonderhede by elections.org.za
Suid-Afrika se 2024-verkiesing moet tussen Mei en Augustus 2024 gehou word. Die presiese datum moet nog deur die president aangekondig word.
Moenie jou kans mis om ‘n verskil te maak en jou stem te laat hoor nie. Jou demokrasie het jou nodig!
Vir meer inligting besoek www.elections.org.za
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 17/11/2023
Foto: elections.org.za
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.