Artikelbron: religionunplugged.com

 

In Noord-Ghana wat deur Moslems oorheers word, word ‘n Christen-sendingspan elke oggend deur die vroeë oggendoproepe tot gebed herinner dat Islam hier oorheers. Tog het die Ghana-Togo Missions die uitdaging aanvaar vir die harte en siele van die mense in hierdie streek en volg hulle in die apostel Paulus se voetspore deur “onontginde” gebiede te teiken.

Die span het aanvanklik op Togo gefokus, waar beduidende sukses behaal is, en het tydens die pandemie sy aandag op Ghana gevestig. Ondanks vorige berigte van minimale reaksie op die Evangelie in Ghana se Moslem-meerderheid in die noorde, het ‘n onlangse veldtog onder die Konkomba-stam gelei tot ’n verstommende 2 100 dopelinge en die stigting van 44 nuwe kerke gelei!

Die benadering was om ontvanklike individue (“man van vrede”) te identifiseer, die dorpshoof se toestemming te verkry en dan die Evangelie in gebiede te verkondig waar dit nog nie voorheen gedoen is nie. Die resultate was ongekend en het verwagtinge oortref. Die streek is inderdaad vrugbare grond vir die evangelie.

Vir die span is dit ’n prioriteit om dissipels te maak en om nuwe kerke te onderhou deur middel van ses maande lange dissipelskapsprogramme, wat groei en bestendigheid verseker. Hulle help plaaslike dissipels om te groei en leiers te word binne hierdie nuwe gemeentes.

Die merkwaardige suksesverhale in Noord-Ghana onthul hoe kragtig dit is om mense op voetsoolvlak op te lei en te bemagtig in evangelisasie; dit openbaar ook die ontvanklikheid van die gemeenskappe. Die span gaan voort om sy werk uit te brei, en beklemtoon dissipelskap en volgehoue groei in hierdie nuutgevonde Christelike gemeenskappe.

Lees die volle berig met bygaande getuienisse hier: joynews.co.za

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 06/03/2023
Foto: ’n Tiener glimlag breed nadat hy in die dorpie Ghanani, Ghana, gedoop is. (Foto deur Jerry Mitchell)

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here