Geskryf deur: Karen Faulkner
Artikelbron: www.worthynews.com

 

n Egipties-gebore kerkleier van Georgia, Amerika, het vroeër vandeesmaand die evangelie aan meer as 17 500 mense verkondig tydens ‘n evangelisasiegeleentheid in Egipte, met byna 8 000 mense wat gereageer het op ‘n uitnodiging om hul geloof in Christus te plaas, berig Christian Index.

Die geleentheid op 3 November is gelei deur Michael Youssef, die stigter van Leading the Way Ministries en pastoor van The Church of The Apostles in Atlanta met 3 000 lidmate.

In ’n persverklaring oor die uitreik, verwys Youssef na die risiko’s om in die openbaar te preek in ’n land wie se regering grootliks vyandig teenoor Christene is. “Ons het van baie mense gehoor wat vir ons gesê het dat ons hierdie geleentheid moet kanselleer, dat dit te gevaarlik is om tans ’n Christelike geleentheid in die Midde-Ooste aan te bied,” het Youssef gesê.

Maar ons God is groter as dit, het Youssef beweer. “Dit was duidelik dat Hy ons na Egipte roep en dat die tydsberekening perfek was vir ons om ‘n boodskap van hoop te bring aan mense wat dit desperaat moes hoor.”

Youssef het wêreld gereis en evangelisasiegeleenthede soos hierdie aangebied; hy beplan om volgende jaar byeenkomste in Veracruz, Meksiko, en die noordooste van Amerika te hou, het Christian Index gesê.

Egipte wat tans deur ’n diktatoriale Islamitiese regime regeer word, beklee Egipte tans die 35ste plek op die Amerikaanse Geopende Deure Wêreldwaarnemingslys 2023 van die top 50 lande waar Christene vervolg word.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 28/11/2023
Foto: Dr. Michael Youssef. Kunswerk aangepas uit www.facebook.com/leadingtheway.org

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here