Artikelbron: Evangelical Focus 

Die aantal evangeliese kerke in Brasilië het die afgelope 20 jaar met 543% toegeneem, volgens ’n studie wat namens die Universiteit van Sao Paulo (USP) deur die Sentrum vir Metropoolstudies (CEM) gedoen is.

Evangelical Focus berig dat die Brasiliaanse evangeliese Christene in 1990 sowat 7 033 kerke gehad het. In 2019 het hierdie getal tot 109 560 gestyg. Daar word gemiddeld daagliks sewentien nuwe kerke geopen. Voorheen was die evangeliese Christene in die Suid-Amerikaanse land in die minderheid. Hulle sal na verwagting binne die volgende paar jaar die grootste Christelike denominasie wees as hierdie groei voortduur, sê die navorsers.

In die studie is evangeliese Christene in vier hoofgroepe verdeel: Baptiste, Presbiteriane, Metodiste en ander (insluitend Pinkster-gelowiges). Die Pinksterkerke is die grootste beweging binne die evangeliese groep met 48 781 kerke. Die meeste evangeliese kerke is in die Brasiliaanse state Rio de Janeiro en Espírito Santo geleë.

Die skouspelagtige groei in die aantal evangeliese kerke hou nou verband met die toename in die aantal evangeliese Christene in Brasilië. In 1990 was 9% van Brasilië se bevolking evangeliese Christene. Twintig jaar later het hierdie getal verdubbel tot 22,2% in 2010. Op grond van navorsingsdata van Datafolha is vasgestel dat sedert 2020 ten minste 31% van die bevolking hulleself as evangeliese Christene bestempel.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 19/07/2023
Foto: evangelicalfocus.com

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here