Artikelbron: All Israel News
’n Israelse maatskappy het ’n toep bekendgestel waarin Bybelkarakters met gebruikers kommunikeer. BiblePics kombineer die tegnieke van ChatGPT- en kunsmatige intelligensie om beelde te skep van Bybelkarakters in die hoop om die Bybel tot lewe te bring, berig All Israel News.
Kunsmatige intelligensie(KI)-woordverwerkers gebruik bestaande tekste op die internet om te voorspel wat die karakter se volgende sin sou kon wees. Die KI-beeldskeppers, of “afbeeldingverwerkers”, gebruik bestaande beelde om ’n nuwe soort afbeelding te skep. Hierdie tegniek het oor die afgelope paar jaar posgevat en nou kan baie goeie afbeeldings gegenereer word.
Herdie nuwe ontwikkelings het daartoe gelei dat die voormalige Google-werknemer Sinai Elihai die BiblePics-toep geskep het. Volgens All Israel News word “kunsmatige intelligensie met die Bybelse storie vervleg” en lewer dit ’n “meesleurende gebruikerservaring”. Gebruikers van die toep kan byvoorbeeld met karakters soos Petrus, Paulus en Jesus “gesels”.
Elihai sê sy agtjarige seuntjie was die inspirasie vir die toep. Hy het gevoel dat die tekste in die Bybel taamlik lank was en dat daar min prentjies was. Elihai het in ’n onderhoud met die Jerusalem Post aangedui dat Bybelgetrouheid vir hom en sy span baie belangrik is. Die generatiewe algoritmes word dus so aangepas dat slegs antwoorde in die gesprek gee wat deur die Bybels gestaaf word.
“Die gebruikers se aandag word behou en die gesprek moedig hulle aan om dieper in die rykdom van die Skrif te delf, wat lei tot betekenisvolle gesprekke,” het Elihai gesê.
Gebruikerterugvoer is baie belangrik volgens die skepper van die toep. Op hierdie manier kan dit verder ontwikkel word. Die toep is tans slegs beskikbaar vir gebruikers van ’n Android-bedryfstelsel. Daar is egter planne om ook in die toekoms ’n toep bekend te stel wat geskik is vir mense met die iOS-bedryfstelsel (soos wat Apple het).
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 19/07/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit biblepics.co
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.