Artikelbron: cne.news
Die vrye uitoefening van die Christelike geloof bied ’n mededingende voordeel in vandag se wêreld volgens president Katalin Novák, van Hongarye. Dit was haar mening tydens die afsluitingseremonie van die nasionale kleuterskoolprogram van die Gereformeerde Kerk van Hongarye.
Pres. Novák sê sy is dankbaar vir die 66 Gereformeerde kleuterskole wat gedurende die afgelope vier jaar in Hongarye gebou of opgeknap is, berig Hungary Today. Sowat 3 000 kinders ontvang onderrig by dié skole.
Die kleuterskoolprogram van die Gereformeerde Kerk van Hongarye word deur die Hongaarse regering ondersteun met ’n subsidie van 91 miljoen euro.
Die Hongaarse president het haar dankbaarheid uitgespreek. “ Ek is dankbaar dat daar ‘n toenemende aantal ouers is wat wil hê dat hul kinders versterk in hulle geloof, toegerus met geloofsoortuiging en met kennis van Christelike waardes die volwasse lewe moet betree.” Volgens pres. Novák is die waardes wat jong kinders in die kleuterskool leer deurslaggewend vir die res van hul lewe.
Die president het daarop gewys dat die groter klem op Christelike onderwys 450 nuwe werksgeleenthede geskep het en is dus voordelig vir die ekonomie. “Twee keer soveel mense het vanjaar aansoek gedoen om kleuterskoolonderwysers te word as vorige jare,” het sy gesê.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 14/09/2023
Foto: cne.news (X, Katalin Novák)
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.