Artikelbron: decisionmagazine.com 

Die Amerikaanse brandweerhoof, Ronald Hittle, voer al twaalf jaar lank ’n regstryd teen sy voormalige werkgewer. Tydens ’n evaluasie is Hittle, wat in 2006 as brandweerhoof aangestel is, meegedeel dat hy aan sy leierskapsvaardighede moet werk. Hy het toe dieselfde jaar ’n Christelike leierskapkonferensie bygewoon, maar dit het daartoe gelei dat Hittle afgedank is ná 24 jaar se lojale diens as brandweerman. 

Hittle het uit sy eie sak vir die Christelike leierskapkonferensie betaal, maar het die geleentheid gedurende werksure bygewoon. Die stadsraad het daarna Hittle se besoek aan Willow Creek Church se Global Leadership Summit ondersoek.

Stadsprokureurs het Hittle daarvan beskuldig dat hy ‘n kerkgeleentheid bygewoon het terwyl hy belastingbetalersgeld ontvang het. Hittle het die stad gedagvaar, maar sy versoek is in 2022 deur  ʼn distrikshof van die hand gewys. 

Die First Liberty Institute, wat Hittle verteenwoordig, het teen die uitspraak geappelleer, maar verlede Augustus het ’n appèlpaneel van regters beslis dat Hittle wettiglik afgedank is.

First Liberty het nou vir ’n hersiening van dié uitspraak versoek. As dit nie werk nie, sal Hittle en sy span hulle tot die Amerikaanse hooggeregshof moet wend. “Gelowige werkers behoort nie hulle geloof hoef weg te steek nie. Ons sal aanhou veg vir brandweerhoof Hittle, selfs al moet ons na die hooggeregshof gaan,” het Stephanie Taub, die advokaat vir First Liberty, volgens CBN News gesê. 

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 14/09/2023
Foto: firstliberty.org

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here