Geskryf deur: CfaN Suid-Afrika
Wat as ’n goddelike openbaring in ’n hotelkamer begin het, het ’n nasionale ontwaking geword. Evangelis Dario Giustino, ’n CfaN Bootcamp-gegradueerde en lid van die Evangelism Alliance, was op pad huis toe ná ’n veldtog in Ethiopië toe die Heilige Gees sy planne onderbreek en vir hom ’n visie vir Kambodja gee, ’n strategie vir herlewing. Daardie visie ontvou nou voor hul oë met verstommende resultate.

Stroom na die Woord
Binne maande het Dario ’n Evangelie-inisiatief in Kambodja geloods onder Great Harvest Ministries, in vennootskap met plaaslike kerke en CfaN-opgeleide evangeliste. Die impak was ontsagwekkend. 77 evangeliste het landwyd uitgestroom en in voorheen onbereikte dorpe gepreek. In dorpe waar Jesus se Naam nog nooit gehoor is nie het mense in hul honderde saamgedrom. In een geval is meer as 750 mense gered in ’n dorpie met net 200 inwoners, aangesien mense van heinde en vere na daardie Evangelie-veldtog gestroom het.
Nuwe kerke word weekliks geplant
Die Evangelie is nie net verkondig nie, dit is gedemonstreer. Wonderwerke het plaasgevind. Beserings uit die tyd van die volksmoord is genees. Mense het gehuil toe hulle die Heilige Gees vir die eerste keer beleef. En oral waar die Evangelie verkondig is, is nuwe kerke binne dae geplant. In een geval is ’n kerkgebou in net drie dae opgerig en ’n uur voor die eerste Sondagdiens voltooi waar 160 nuwe gelowiges saamgekom het.
Vinnige groei in Kambodja
Hierdie beweging het ’n golf van groei ontketen. In 2025 alleen het die Christelike bevolking van Kambodja met meer as 37% gegroei. Hierdie inisiatief was verantwoordelik vir 50% van alle nuwe bekerings en kerkplanting in die hele Kambodja.

Hele dorpe draai na Jesus
En dit groei steeds, aangesien plaaslike evangeliste daagliks voortgaan om te preek. Hele distrikte wat nog nooit die Evangelie gehoor het nie, het nou florerende gemeentes. Die heel eerste kerk in Kaoh Andeat, ’n streek wat vir 2 000 jaar onaangeraak was deur Christenskap is hierdie jaar geplant. Herlewing kom nie meer na Kambodja nie, dit is reeds hier.

Wees deel van die dekade van dubbel oes!
Blindes sien. Verlamdes loop. Miljoene kom tot bekering.
Hierdie wonderwerke is nie net iets van die verlede nie – dit gebeur nou.
En met jou ondersteuning kan dit voortgaan. Word ‘n vennoot in die Evangelie.
Stuur ’n e-pos na info@cfan.org.za of skandeer die QR-kode hieronder.


Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
Datum gepubliseer: 10/01/2026
Foto’s verskaf deur CfaN Suid-Afrika
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.








