Geskryf deur: Sending aan die Melaatse
Die meeste Suid-Afrikaners glo dat melaatsheid lank gelede al verdwyn het. Die waarheid is egter dat melaatsheid steeds in ons pragtige land skuil, en ongemerk sommige van ons armste en kwesbaarste bure raak. As dit nie behandel word nie, val melaatsheid perifere senuwees aan en veroorsaak dit verlies aan beskermende gevoel in hande, voete en oë. Dit lei tot beserings, infeksie, gestremdheid en soms selfs blindheid – alles weens die feit dat slagoffers van hierdie uiters wrede siekte nie pyn kan voel nie.
Gratis behandeling vir pasiënte
Tog is daar hoop. Vroeë behandeling kan hierdie siekte in sy spore stuit, en danksy die vrygewigheid van gelowiges soos jy, is die behandeling en al die dienste wat deur die Sending aan die Melaatse voorsien word, heeltemal gratis. Dit is goeie nuus vir ons pasiënte, aangesien die meeste van hulle só arm is dat hulle nie mediese dienste kan bekostig nie.
Merkwaardige sorg vir mekaar
Onlangs het een van ons pasiënte, Albert‚ ’n delikate operasie ondergaan om die sig in sy linkeroog te red. Hy het reeds sig in sy regteroog verloor – maar God het ’n ander deur oopgemaak. Tydens sy hersteltyd het ’n ander melaatse pasiënt, wat ook sukkel met oogprobleme, hom met deernis bygestaan deur elke dag oogdruppels in sy linkeroog te gooi. Die dokter wat na beide omsien, het verstom gestaan oor die empatie, meelewing en Christelike liefde wat tussen hulle betoon is. Dit is merkwaardig, aangesien dit so dikwels gebeur dat wanneer ’n persoon melaatsheid opdoen, hulle deur hulle vriende en familie in die steek gelaat word en somtyds selfs deur gesondheidswerkers vergeet word.
Hulp aan dié wat dit die nodigste het
Ons word herinner aan Jesus se woorde: “Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen” (Matt 25:40). Jy kan hierdie wonderwerk van hoop laat waar word. Oorweeg asseblief biddend ’n donasie aan die Sending aan die Melaatse Suidelike Afrika en help sodoende om sig te beskerm, om waardigheid te herstel en om Christus se liefde te bring aan diegene wat dit die nodigste het.

DRINGENDE VERSOEK
In besonder dink ons aan Albert wat in die volgende paar weke teruggaan vir ’n opvolgoperasie. Jou hulp om die hospitaalkoste te help dek, sal besonder waardeer word.
Sending aan die
Melaatse Nommer 2 Rekening
FNB Lopende Rekening
Rek: 51471056974
Takkode: 212217
Verwysing: Gebruik asseblief
jou selnommer, sodat ons jou
kan bedank.
Stuur e-posbevestiging aan:
peter@tlm.co.za

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
Datum gepubliseer: 09/01/2026
Fotos verskaf deur Sending aan die Melaatse.
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.








