Artikelbron: cne.news
God is nog nie klaar met Europa nie. Volgens ʼn berig van CNE NEWS het die voormalige direkter van Youth With A Mission (YWAM) vir Europa, Jeff Fountain, gesê: “Hernude geestelike honger, nuwe belangstelling in gebed, vars uitdrukkings van die kerk en kerke vir migrante kerke wat geloof herstel, is tekens van hoop op ons vasteland.”
Die sendinguitdagings vir Christene in Europa is egter steeds oorweldigend. Die vasteland het ’n komplekse en unieke geskiedenis met die Christelike geloof. Maar soos Jim Memory van Lausanne Europe in die Europe 2021 Missiological Report geskryf het: “… net soos Europa die eerste vasteland was wat gekersten is, was dit ook die eerste wat ontkersten is.”
Tog vind daar in ons dag ’n buitengewone her-evangelisasie van Europa plaas, skryf Sarah Breuel vir Revive Europe.
CNE NEWS het die volgende vyf maniere genoem waarop ons kan sien dat God besig is met werk op die vasteland:
1. Diaspora-kerke
Suid-Amerikaanse migrante het oor die afgelope dertig jaar duisende kerke in Spanje, Portugal en dieper in Europa geplant. Dit is moeilik om ’n groot Europese stad te vind waar daar nie ’n groot Spaanssprekende en/of Brasiliaanse gemeente is nie. Chinese kerke kan ook amper oral gevind word.
2. Kerkplanting
Kerkplanting het ook in Europa versnel danksy verskeie netwerke, denominasies en sendingagentskappe. In Frankryk het die National Council of French Evangelicals (CNEF) byvoorbeeld ’n doelwit gestel om ’n evangeliese kerk vir elke 10 000 mense te stig. Die kerkplantingsbeweging in Frankryk het oor die laaste paar jaar gemiddeld elke sewe dae een kerk geplant.
3. Die gebedsbeweging
Die ontslape herlewingshistorikus, J. Edwin Orr, het geskryf “whenever God is ready to do something new with his people, he always sets them to praying.” Vir die afgelope twee dekades het die 24/7-gebedsbeweging die stigting van 22 000 gebedskamers in 78 nasies gesien, die meerderheid van hulle in Europa.
4. Groter Christelike eenheid
Die oorlog in die Oekraïne het ongekende samewerking tussen sendingagentskappe bevorder. Netwerke soos die European Leadership Forum, die European Evangelical Alliance, en die Lausanne-beweging het eenheid en samewerking versterk. In charismatiese kringe het ’n historiese koalisie van 29 denominasies en sendingagentskappe in Noorweë 9 000 jongmense byeengebring vir The Send Norway – die grootste Christelike interkerklike byeenkoms in meer as 20 jaar.
5. Die volgende geslag
Vandeesmaand het 13 000 tieners en jong volwassenes in Duitsland byeengekom vir Christival, ’n konferensie wat georganiseer is deur netwerk met historiese wortels in die Jesus-beweging. Revive Europe het 3 000 universiteitstudente uit 68 nasies byeengebring om vir ’n herlewing onder hul eweknieë te bid. God maak ’n nuwe geslag Europeërs groot wat smag na outentieke ontmoetings met Jesus. Hulle is toenemend oop vir geestelike gesprekke, gebed en soek veral na ’n Christen-gemeenskap om aan te behoort.
Lees die volledige berig by cne.news
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 08/05/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit unsplash.com
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.