Geskryf deur: Radio Tygerberg 104FM
Artikelbron: Artikel verskaf
“Mense het ’n behoefte om weer uit te kom en God saam met ander gelowiges te aanbid,” vertel Hardus Zevenster, die uitvoerende hoof van Radio Tygerberg 104FM, GROOTfm 90.5 en Die GROOT Ontbyt (op kykNET, weeksdae 06:00-08:00) oor die besluit om Bethel Music na Suid-Afrika te bring.
Buiteligkonsert
“Ons doen dit dié keer anders – in die buitelug. In Kaapstad is ons by Meerendal Wynlandgoed buite Durbanville en in Pretoria by die Loftus Versfeld rugbystadion.” Dit beloof om die grootste buitelug- aanbiddingskonsert te wees sedert die COVID-19 pandemie.
Bethel Music, sing bekende liedjies saam
Bekende liedjies soos “No Longer Slaves”, “It is Well”, “Goodness of God” en “Raise a Hallelujah”, het aanklank gevind by mense wat traumatiese ervarings beleef het. Zevenster vertel verder dat hulle deeglike navorsing op Radio Tygerberg 104FM gedoen het om te bepaal watter liedjies mense graag sal wil hoor. “Die vertonings beloof om een te wees waarin die gehoor genoeg geleentheid gaan hê om saam te sing. Bring dus jou stoel en die hele familie saam en kom aanbid ons Skepper onder die sterre.”
Brian en Jenn Johnson
Bethel Music is ’n musiekbeweging wat in Redding, Kalifornië gebaseer is. Hulle het in 2001 onder leiding van Brian en Jenn Johnson as ’n kerkmusiekgroep begin. Sedert 2013 bestaan die groep uit ’n kombinasie van internasionale musikante, liedjieskrywers en sangers. Hulle is een van die mees gestroomde en afgelaaide gospelmusiekgroepe tans op Spotify en iTunes.
Dove-toekennings
Bethel Music word jaarliks vir verskeie kategorieë by die Dove-musiektoekennings asook die Billboard Music Awards genomineer. In 2015 het hulle met beste aanbiddingslied van die jaar, “No Longer Slaves”, weggestap. Van hul nuutste treffers sluit in “Goodness of God”, “Stand in Your Love” en “Peace”.
Vooraf verkope open 13 Oktober 2022 op itickets.co.za
Koop jou kaartjie en gebruik die kode-woord “SA2023”.
- Pretoria, Loftus Versfeld Stadion: 23 Maart 2023
- Kaapstad, Meerendal Wynlandgoed: 25 Maart 2023
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 03/03/2023
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.