Geskryf deur: FEBA Radio Artikelbron: Verskaf 

Op 18 Junie het Mali ’n nasionale referendum gehou oor voorgestelde veranderings aan die
grondwet. Terwyl sommige kiesers gekant is teen die idee, hoop ander dat ’n nuwe grondwet vrede
sal bring.

Vrede is broodnodig. Meer as ‘n dekade van politieke onrus het sy tol op Mali geëis, beide
ekonomies en sosiaal. Diegene wat nie direk by die konflik betrokke is nie, vrees dat dit hulle
binnekort sal bereik. Mediavryheid word beperk. Tog is die radio steeds daar as die voorkeurmedium
van inligting en vermaak.

In huise en op die markplein
Te midde van die onrustigheid oor mense se veiligheid en die toekoms, deel FEBA Mali se KanuYah
FM Sollo steeds in ses tale hoop en leiding met sy luisteraars. Predikante handhaaf ’n lewendige
opvolgbediening met gereelde besoeke aan afgeleë gemeenskappe om vir hulle kos te neem en
Bybelstudies te hou. Die span ondergaan ook gereelde opleiding om te verseker dat hulle ʼn
uitstekende diens kan lewer.

“Die duidelike uitwerking van die genesing en ander gebede deur ons bediening … is altyd die
onderwerp van kommentaar in al die gemeenskappe,” sê M’Bimba Dembélé, FEBA Mali se direkteur.
“Ons gaan ook voort om radio’s aan luisteraars weg te gee, benewens die een FM-radio-prys wat
elke week aan die wenner van die weeklikse Bybelvasvra gegee word.”

Luisteraars is gretig om KanuYah FM met ander te deel. “By die mark … luister baie mense na die
kragtige radio wat ek by die ingang van my winkel geplaas het,” skryf ’n sakevrou wat by Christus
uitgekom het deur KanuYah FM se programme. ’n Kafee-eienaar hou ook sy radio die heeldag lank
op die KanuYah FM-stasie. “KanuYah FM Sollo is … so gewild dat dit daartoe gelei het dat selfs
ongelowiges van die Christelike liedjies, stories en dramas hou,” sê hy. “Bowenal bring dit
vertroosting vir die gebroke harte van talle gesinne wat treur oor geliefdes wat in die stryd vermoor
is.”

’n Afgetrede skoolhoof wat dit geniet om God met sy besoekers te bespreek, getuig: “[Alhoewel] dit
onmoontlik is om op Mali se nasionale radiostasie in te skakel, is niemand gegrief oor hierdie feit nie,
want almal beskou KanuYah FM Sollo as die heel beste van alle stasies, selfs op nasionale vlak. God
seën KanuYah FM Sollo!”

Vir meer inligting oor FEBA en hoe jy ons kan help om ’n verskil te maak, besoek
www.febaradio.co.za

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 30/06/2023
Foto: Die Mali span

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here