Artikelbron: Evangelical Focus
ʼn Kerk in Duitsland is onder verhoogde toesig deur die Duitse owerhede geplaas. Die kerk is onlangs
onder die loep geneem ná uitsprake wat gemaak is teen die Duitse regering, berig Evangelical Focus.
Die Duitse Federale Kantoor vir die Beskerming van die Grondwet sal die werksaamhede van die kerk
fyn dophou. Die gemeente is die Evangelische Freikirche Riedlingen (Protestantse Vrye Kerk van
Riedlingen). Dit is onder toesig weens ekstremistiese uitsprake wat na bewering teen die Duitse
regering gemaak is, sê Beate Bube, die hoof van die Federale Kantoor vir die Beskerming van die
Grondwet.
Luidens ‘n ondersoek en verslag, wat bekend gemaak is en deur die Duitse tydskrif Pro
Medienmagazin gepubliseer is, “versprei die pastoor politieke inhoud en sienings wat vertroue in
demokratiese besluitnemingsprosesse en staatsverteenwoordigers en instellings ondermyn op ‘n
antigrondwetlike wyse.”
Die predikant van die gemeente het 25 000 intekenare op YouTube en deel volgens die owerhede
“ekstremistiese samesweringsideologieë. Sodoende sou hy onder meer die huidige Duitse regering
vergelyk met die heersers in die tyd van Nazi-Duitsland.
Tydens die koronapandemie het die pastoor in opstand gekom teen wat hy ’n ‘inentingsoorlog’
genoem het.
Die pastoor is ‘n opgeleide teoloog wat die Protestantse Staatskerk (EKD) in die 1990’s gedien het.
Sedert 2018 is sy kerk nie meer lid van die Federasie van Vrye Evangeliese Gemeentes (BEFG) nie en
in 2015 het dié federasie hom van die voorganger gedistansieer weens “afbrekende uitsprake oor
vlugtelinge”.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 30/06/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit wikimedia.org
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.