Artikelbron: Artikel verskaf

FOR KING + COUNTRY het die titelsnit van hulle vierde ateljee-album, What are we waiting for?
onthul. Die lied daag luisteraars uit om die verandering te wees wat hulle self graag in die wêreld wil
sien. Die liedjie se dringende boodskap van eenheid, aksie en optimisme lei die broers se weergawe
van die album in.

“So what are we waiting for? What are we waiting for?
Why are we wasting all the time like someone’s making more?
What are we praying for? What are we saving for?
What if we could be the light that no one could ignore?
What are we waiting for?”

Klik HIER om die MP3/Wav-lêer af te laai (3:15)

BESONDERHEDE
SNITKUNSTENAAR: FOR KING + COUNTRY
TITIEL VAN DIE LIEDJIE: What are we waiting for? (die enkelsnit)
UITREIKINGSDATUM: ONMIDDELLIKE UITREIKING
LIEDJIESKRYWERS: Joel Smallbone, Luke Smallbone, Josh Kerr, Sean Douglas
UITVOERENDE VERVAARDIGER: Matt Hales
VERVAARDIGERS: FOR KING + COUNTRY, Josh Kerr, Tedd T
ETIKET: ℗ 2023 Curb | Word Entertainment
LENGTE: 3:15
GENRE: CCM/Pop
ISRC: USM1C2300086

OOR DIE GROEP
FOR KING + COUNTRY is een van die musiekbedryf se mees gerespekteerde en bekroonde duo’s. Die
broers, Joel en Luke Smallbone, is onder meer bekroon met vier GRAMMY®-toekennings, ’n
Amerikaanse musiektoekenning, 10 GMA Dove-toekennings, ’n Billboard 1-musiektoekenning.

Hulle het 13 nr. 1-liedjies opgelewer en die groep se konsert (wat reeds ’n RIAA Platinum-verkoper
is) word beskou as ‘n moet-sien-konsertgeleentheid wat skares wêreldwyd verras, hetsy in Amerika,
Australië, Duitsland, Nederland of Nieu-Seeland.

FOR KING + COUNTRY se “What are we waiting for?” wat vanjaar uitgereik is, het die duo se tweede
Top 10-album op die Billboard 200 geword; in die voetspore van hulle RIAA Goud-gesertifiseerde
album, BURN THE SHIPS, wat ook in die Top 10 van die Billboard Top-200 Albums verskyn het. Die
duo het sewe opeenvolgende nr. 1-liedjies gehad, insluitend “For God Is With Us”, “joy”,
“TOGETHER” (met Kirk Franklin & Tori Kelly)”, en “God Only Knows”.

Die wêreldwye treffer-vervaardigers het met ’n diverse lys kunstenaars saamgewerk, insluitend
Jordin Sparks, Hillary Scott, Dolly Parton, NEEDTOBREATHE en Timbaland. Joel en Luke Smallbone is
verbind tot talle filantropiese veldtogte insluitend die bekamping van mensehandel, om kinders in
nood te help, asook talle programme ter ondersteuning van die kunste.

Vir meer inligting oor FOR KING + COUNTRY besoek: www.forkingandcountry.com.
“One of the great statements of God intervening into humanity is that He came while we were in this
present darkness, while we were in our failings, while we were in our insecurity. This song feels as
though it’s a celebration of that reality, that no matter the creed, colour or country we’re from, God
has shown up and is meeting us right where we are. He is loving us right as we are.” – FOR KING +
COUNTRY

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 29/06/2023
Foto’s verskaf

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here