Artikelbron: cvandaag.nl
Saoedi-Arabië het al hoe meer Christene verwelkom sedert die land in 2019 visums aan buitelandse
toeriste begin uitreik het. Met die oog op die toekoms probeer die land om minder afhanklik te raak
van die oliehandel en soek dus na ander bronne van inkomste soos toerisme. Baie Christene maak
hiervan gebruik.
Die beoefening van ander gelowe in Saoedi-Arabië is ook deesdae baie minder van ’n probleem. Die
land is al eeue lank bekend vir die talle Moslems wat jaarliks die stad Mekka besoek vir hul
pelgrimstog, die Hadj. Elke Moslem moet een keer in sy lewe daardie reis meemaak.
Boeddhistiese monnike het verlede jaar ’n intergeloofsbyeenkoms in die land gelei en Jode is ook
deesdae welkom daar. Volgens The New York Times is dit egter (Amerikaanse) Christene wat
grootliks van elektroniese visums gebruik maak.
The Times verduidelik dié verskynsel aan die hand van ’n video wat vier jaar gelede viraal gegaan het
en sedertdien byna vyf miljoen keer gekyk is. Die vervaardigers van die video beweer dat die Sinaiberg eintlik in Saoedi-Arabië is. In die onderskrif van die video vind jy ’n skakel na die Christelike
reisorganisasie, Living Passages, wat onder meer toere na Saoedi-Arabië reël.
Die Sinai-berg was die plek in die Bybel waar Moses vir God ontmoet en die Tien Gebooie ontvang
het. Baie historici meen dit het in Egipte se Sinai-woestyn plaasgevind. Maar daar is ook dié wat
meen dat dit die berg met die Arabiese naam, Jebel al-Lawz, is wat in die noordweste van SaoediArabië geleë is.
Laasgenoemde idee is hoofsaaklik aangevuur deur ’n Amerikaner, Ron Wyatt. Hy het Saoedi-Arabië
in die 1980’s in die geheim besoek en beweer dat hy onder meer die oorblyfsels van Egiptiese
strydwaens op die terrein van die Rooi See ontdek het. Hierdie see vorm ’n lang gang wat Saoedi-Arabië van Egipte skei. Talle Christelike reismaatskappye bied dus toere aan wat beide die berg in Egipte en die een in Saoedi-Arabië besoek.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 29/06/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit unsplash.com
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.