Artikelbron: CNE News
Terwyl die Duitse regering werk aan wetgewing wat geslagsverandering nog meer buigsaam sal maak, het die Rooms-Katolieke Kerk in Duitsland aangekondig dat hy nie die name van mense in die doopregister sal verander as hulle van geslag verander nie, berig CNE News
“Die komende gender wet hou verband met die burgerlike register en het niks met die doopregister van die kerk te doen nie,” het prof. dr. Matthia Pulte in gesprek met Domradio gesê. Pulte is ook ‘n prokureur wat in kerkreg spesialiseer.
“Weens die feit dat ’n godsdiensgemeenskap die reg op selfbeskikking het, word die kerk nie direk deur die wet geraak nie. Dit is omdat die doopregister tot die outonome reguleringsgebied van die kerk behoort. Omgekeerd het die inskrywings in die kerkregister geen siviele implikasies nie en word geslag nie eksplisiet genoem nie,” verduidelik Pulte.
Boonop word veranderings aan doopregisters deur die kerkregtelike wet verbied, het die prokureur bygevoeg. “Die Gemeente vir die Geloofsleer het in 2012 verklaar dat die naam wat een keer in die doopregister ingeskryf is, nie verander mag word nie, selfs nie ná ’n geslagsverandering nie. Dit is ’n dissiplinêre standaard wat gehandhaaf moet word.”
Die moontlike spanning tussen staats- en kerkreg in Duitsland kan slegs opgelos word as Rome die wette van die kerk sou verander, meen Pulte. Hy dink egter nie dit sal binnekort gebeur nie.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 04/09/2023
Foto: pixabay.com
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.