Geskryf deur: Dean Dwyer
Artikelbron: harbingersdaily.com
In 2019 het ’n Nederlandse hofbevel ’n afname van 70-80% in die gebruik van stikstofkunsmis vereis weens die bedreiging daarvan vir die klimaat en biodiversiteit – al kan dit ’n volle derde van die land se boerdery-uitset vernietig en tussen 30 en 50% vermindering van die Nederland se vee.
Die regering se inwerkingstelling van hierdie beperking in Junie 2022 het massabetogings deur plaaslike boere tot gevolg gehad. Hulle beskou dit as onmenslike burokrasie en baie van hulle meen die regering se beleid is om boere se grond te bekom om die land se ernstige behuisingstekort op te los of om vleis wat in die laboratorium gekweek is en ander wetenskaplik geskepte voedsel te bevorder.
Sommige invloedryke leiers en finansiers poog egter om nasionale soewereiniteit te ignoreer om landbouselfstandigheid te beperk en landbou-uitset te beheer aangesien hulle glo dat alle elemente van die vleisproduksieproses die planeet benadeel.
Die EAT-Lancet-kommissie, bekend as die “Davos vir voedsel,” beywer hom vir die aanvaarding van die “Planetary Health Diet,” ’n wêreldwye verwysingsdieet vir volwassenes wat ’n halwe bord vrugte, groente en neute insluit, asook plantproteïene – hoofsaaklik volgraan – en beskeie hoeveelhede vleis en suiwel asook sommige bygevoegde suikers en styselagtige groente.
Een voedselwetenskaplike argumenteer egter dat dit nie haalbaar is om ’n globale dieet van bo na onder af te dwing nie. Terwyl talle van invloedryke leiers agter die agenda ’n vermindering in vleisverbruik aanvra, is hulle egter beslis nie van plan om hulle eie dieet te verander nie.
Lees die volledige berig by joynews.co.za
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 25/03/2023
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.