Geskryf deur: Gateway News-admin
Artikelbron: gatewaynews.co.za

Die tyd om oor konstruktiewe verandering in Suid-Afrika te praat, is verby en dit is tyd om saam te staan vir die implementering van verandering.

Dit is die oortuiging van die organiseerders van ’n Christelike Leierskapsberaad genaamd Uniting for Change wat van Woensdag 12 April tot Donderdag 13 April in Senekal in die Vrystaat sal plaasvind.

Christene met invloed in enige sfeer of dié wat ’n hart het om ’n verskil te maak, word genooi om die beraad by te woon wat gefokus sal wees op twee dae se strategiese beplanning wat daarop gemik is om met haalbare aksieplanne vorendag te kom, wat onmiddellik in tien geïdentifiseerde hoofsektore van die samelewing geïmplementeer moet word.

“Dit is baie maklik om die talle uitdagings wat ons vandag in ons land het, uit te wys. Die spanning loop tans hoog. Ons glo egter dat ons met al die oplossings vorendag kan kom, mits ons vreedsaam hande vat en saamwerk,” sê die organiseerders in ’n uitnodiging aan Suid-Afrikaanse gelowiges, ongeag hulle kerklike of politieke affiliasies.

Kyk na die drie minute lange oorsigvideo hier onder vir meer inligting oor die beraad:

LAAI DIE VIDEO SOOS ONS YOUTUBE VIDEOS DOEN

Pastoor John Matuhle, ’n lid van die beraadreëlingskomitee en gemeenskapsleier in Senekal, het aan Gateway News gesê een van die redes waarom die dorp as die plek vir die vergadering gekies is, is oor dit wat God daar gedoen het sedert Hy in 2020 ingegryp en ’n potensiële rasseoorlog in die dorp gestuit het. Dit het intussen ’n verenigende projek geword waarin swart en wit mense hande gevat het om die streek te vernuwe.

Die tien sektore waarvoor oplossings geïdentifiseer sal word, is:

  1. Sakewêreld (alle besighede, insluitend taxi-eienaars, boere, toerisme, ens.)
  2. Medies
  3. Beïnvloeders (insluitend sport, kuns, media, vermaak, motiveringsprekers, ens.)
  4. Bestuur — alle mense wat gelei voel om by bestuur betrokke te wees
  5. Institusionele Kerk (predikante en bedieninge)
  6. Welsynsorganisasies (liefdadigheidsorganisasies, NRO’s, ens.)
  7. Omgewingsake
  8. Onderwys
  9. Wet en orde
  10. Veiligheid en sekuriteit

Jy kan meer oor die beraad uitvind – en nou registreer – op die webwerf www.unitingforchange.org

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 26/03/2023
Foto: Die Ou Sasko-meul in Senekal, waar die beraad sal plaasvind

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here