Artikelbron: christianpost.com
Christene in Iran waag hulle lewens om die Bybel in plaaslike dialekte vir die groeiende ondergrondse kerk te vertaal. Die organisasie, unfoldingWord, ondersteun hierdie poging, wat vertalings in verskeie dialekte wêreldwyd moontlik maak. Die afwesigheid van toeganklike Bybels in plaaslike tale is ’n probleem volgens Evan Thompson* ‘n verteenwoordiger.
UnfoldingWord, ’n organisasie sonder winsbejag wat vir sowat sewe jaar al bestaan, help kerkleiers wêreldwyd wat nie Bybels in hulle gemeentelede se moedertale het nie. Die organisasie het kerkgesentreerde Bybelvertaling bekendgestel en dit in die kerklewe en dissipelskap geïntegreer.
Tradisionele vertaalagentskappe het lofwaardige werk gedoen, maar hul getalle neem af terwyl die wêreldwye vraag na vertalings toeneem. UnfoldingWord vul hierdie leemte en rus kerke toe om die Bybel in elke taal te vertaal, iets wat noodsaaklik is vir die kerk se oorlewing oor die langtermyn.
Die organisasie verskaf sagteware wat kopieregversperrings vir brontekste lig, uitgebreide vertaalgidse vir komplekse navrae en teologiese opvoeding om vertaalintegriteit te beskerm. Opleidingsessies vind plaas oor Zoom of by geheime liggings waar deelnemers van aangesig tot aangesig ontmoet (in lande wat vyandig is teenoor Christene).
UnfoldingWord bemagtig inheemse vertaalspanne met beste praktyke wat ooreenstem met die ware behoeftes van kerke wêreldwyd, eerder as om vertalings te skep.
Terwyl hulle Iraniërs help om die Bybel in veelvuldige dialekte te vertaal, staar die organisasie beperkings in die gesig as gevolg van streng regeringsbeleid. Iranse owerhede dwing Farsi as die nasionale taal af, wat die gebruik van plaaslike dialekte in openbare skole beperk en hul voortbestaan in gevaar stel.
Lande soos Soedan en Iran poog om hul bevolkings te dwing om Islam aan te neem en doen dit deur die gebruik van ‘n enkele nasionale taal af te dwing wat inheemse dialekte se bestaan te bedreig.
Al is Farsi in Iran die amptelike taal, is baie Iraniërs meer vlot in ander Iranse dialekte. Die regering se beleid loop die gevaar om hierdie dialekte uit te roei.
UnfoldingWord se werk streef daarna om hierdie bedreigde dialekte te bewaar en toegang tot die Bybel moontlik te maak, deurslaggewend vir die ondergrondse kerk se groei en volhoubaarheid te midde van uitdagende omstandighede.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 21/11/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit: pixabay.com
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.