Artikelbron: crosswalk.com
Talle Moslem-mans in Gasa het die afgelope dae na die Christendom gekom nadat hulle Jesus in hul drome gesien het wat beskryf word as ’n “wonderwerk”, volgens ’n nuwe verslag van ondergrondse Christene in die streek.
Die verslag is aanlyn geplaas deur die skrywer en Christen-apologeet, Michael Licona, wat gesê het: “God werk te midde van oorlog.” Licona is ’n professor in Nuwe-Testamentiese studies aan die Houston Christian University en die skrywer van verskeie boeke, insluitend The Case for the Resurrection of Jesus en Paul Meets Muhammad. Prof. Licona, wat beweer dat hy in kontak is met die ondergrondse kerk in Gasa, het ’n boodskap ontvang wat aandui dat baie Moslems vir Jesus gesien het en Hom nou wil volg.
Die verslag, het hy gesê, “kom uit Gasa uit ondergrondse Christelike bedieninge.”
“Die afgelope twee dae het ons honderde vaders bedien wat die meeste, indien nie al hulle kinders in die oorlog verloor het nie,” het die verslag gelui.
“Terwyl ons hierdie mans na veiligheid gebring het, het ons hulle gevoed, hulle klere gewas en die Bybel vir hulle begin lees – en die pad van vrede deur Jesus met hulle gedeel. Toe gebeur ’n groot wonderwerk. Gisteraand het Jesus aan meer as 200 van hulle in hul drome verskyn! Hulle het teruggekom na ons toe om meer uit God se Woord te leer en vra hoe om Jesus te volg.”
Die professor sluit sy boodskap af met sy eie siening oor die konflik in die Midde-Ooste. ‘Ek staan saam met Israel in hierdie oorlog. Nie noodwendig om teologiese redes nie maar omdat Hamas en sy ondersteuners pure boosheid is. Tog weet ek dat nie alle Palestyne Hamas ondersteun nie. Hulle kan selfs swaar gestraf word as dit selfs net lyk asof hulle Hamas nie ondersteun nie. Kom ons bid dat hierdie oorlog binnekort verby sal wees …”
Licona is deur wyle oud-Moslem wat ’n Christen-apologeet geword het, Nabeel Qureshi , geprys vir sy Bybelinterpretasie. Qureshi het Licona bedank vir sy eksegese wat hom “grootlik beïnvloed het om ’n Christen te word.”
Lees die volledig berig hier crosswalk.com
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 22/11/2023
Foto slegs ter illustrasie: crosswalk.com
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.
It is so wonderful to hear the good news that many lost souls are being saved, now knowing the truth about Christ Jesus.
Perhaps it will interest some readers that Michael Licona obtained his PhD in New Testament studies in South Africa at the University of Pretoria and that he is still attached to North-West University in
Potchefstroom as Associate Professor
Extraordinaire..
This is an eye opener for me…
Praise our father Yahweh. I will pray for my brothers sisters & children.
Praise God for the salvation of precious souls, for which we pray every day