Artikelbron: Evangelical Focus
Die Alliansie van Christene in Kuba (ACC), wat sowat 50 godsdiensleiers van verskillende Christelike denominasies in die land bymekaarbring, het onlangs sy derde nasionale vergadering in die stad Santiago gehou. Tydens die vergadering het godsdiensleiers ’n beroep op die Kubaanse regering gedoen om onskuldige gevangenes vry te laat en godsdiensvryheid te respekteer, berig Evangelical Focus.
Aan die einde van die geleentheid het die ACC ’n gesamentlike verklaring met drie versoeke aan die Kubaanse regering uitgereik. Eerstens vir “die vrylating van almal wat gevange geneem is vir die beoefening van hul inherente regte”.
Tweedens is ’n beroep op die Kubaanse regering gedoen om te verseker dat “elke godsdiensbeweging op die eiland sy reg van assosiasie kan uitoefen en wettige status en beskerming onder die wet kan verkry.”
Derdens is daar versoek dat die regering “die reg van elke Kubaanse burger respekteer en dat hulle hul regte sonder vervolging moet kan uitoefen.”
Op hul beurt het ACC-lede belowe om “te werk om wonde in ons beskadigde nasie te genees, verdeeld deur ’n mislukte sosiale projek en sodoende ’n atmosfeer van wedersydse begrip, respek en deernis tussen Kubane op die eiland en in die diaspora te skep.”
“Ons werk en pleit vir groter politieke, ekonomiese, godsdienstige en sosiale vryhede sodat alle Kubane in waardigheid en selfbeskikking kan lewe,” het hulle bygevoeg.
Dit alles vanuit ’n grondslag van geloof in die belangrikheid van gesinslewe, die inherente waarde van alle mense, die respek vir die oppergesag van die reg, waardering vir onderwys, die bevordering van sosiale geregtigheid en die bystand van diegene in nood …” het die ACC beklemtoon.
Anna Lee Stangl, van die Christelike menseregte-organisasie Christian Solidarity Worldwide (CSW), het verklaar dat sy saam met die ACC staan en die oproep vir godsdiensvryheid en die vrylating van alle politieke gevangenes ondersteun.
Sy het ook die moed van kerkleiers onderstreep om so ‘n vergadering te reël en die verklaring te publiseer ondanks intimidasie en dreigemente van die regime.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 22/11/2023
Foto slegs ter illustrasie: Denys Barabanov, Unsplash CC0.
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.